1 dood, 4 vlug ná wilde jaagtog

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE polisie in Port Elizabeth het ’n manhunt begin na vier verdagtes wat in ’n wilde jaagtog in Bethelsdorp heen en weer op die cops geskiet het. ’n Polisiewoordvoerder, brig. Thembinkosi Kinana, sê lede van die blitspatrollie was Woensdag op pad huis toe om 19:05 toe hulle via radiobeheer hoor van ’n skietvoorval. Die lede het toe die verdagtes se voertuig, ’n blou Volkswagen Golf, in Rensburgstraat raakgesien en agternagesit. Die Golf het in Rensburgstraat ’n verdagte afgelaai wat te voet gevlug het.Die jaagtog het toe deur verskeie strate gelei met skote wat deurgaans op die polisie afgevuur is. Kinana sê tydens die jaagtog het ’n verdagte ’n sak by die Golf se ruit uitgegooi. Die bloues het dié sak opgetel. Daarin is 18 vuurwapens, insluitend pistole en rewolwers gevind. In Bullrushstraat, Arcadia, het die Golf se 25-jarige bestuurder beheer oor die kar verloor en in ’n huis se grensmuur vasgery. Die bestuurder is in die oor-en-weer-skietery noodlottig gewond. Drie ander insittendes het vinnig genoeg uit die kar gekom en te voet gevlug. Die polisie ondersoek klagte van poging tot moord op die polisie, die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, asook moord. Die polisie se eenheid teen georganiseerde misdaad is besig met ’n soektog na die vier verdagtes. GevaarEnigeen met inligting word gevra om lt.kol. Fanus de Bruin baie dringend by 072 731 9120 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.Genl.maj. André Swart, waarnemende provinsiale kommissaris, was vol lof vir die vinnige optrede van die beamptes. “Ons lede stel daagliks hul eie lewe in gevaar in ’n poging om ons gemeenskappe se veiligheid te probeer verseker. “Onwettige vuurwapens word daagliks gebruik in misdade soos moord en bendegeweld. “Ons sal nie rus totdat ons verseker voel die inwoners van dié areas is veilig en alle misdadigers wat by bendegeweld betrokke is, is gearresteer en agter tralies nie,” het Swart gesê.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/1-dood-4-vlug-na-wilde-jaagtog-20190117

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.