14-jarige se outjie vra nou vir seks

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

Liewe Antie MonaEK IS 14 en gaan uit met hierdie cute outjie wat 16 is. Ek is baie lief vir hom, want hy is alles wat my hart wil hê.Ek wil nie my ma-hulle van hom vertel nie, want hulle is baie streng.Ek het decide ek sal hulle vertel wanneer die tyd reg is, maar ek hoor nou al hoe my ma vir my gaan preek.Anyway, my outjie wil nou seks hê. Ek hoor dit is baie seer. Is dit so seer, Antie, of maak mense net hulle eie goed op? – NLiefie,
weet jy wat is seer? Seer is nie ’n maagdevlies wat skeur nie. Seer is
wanneer ’n kind ’n dom ding aanvang en haar toekoms weggooi. Dit kan jóú voorland wees as jy way voor jou tyd wil loop (of eintlik mos maar lê) en seks hê.As
jy nie jou ma se preek wil hoor nie, hier is jou antie s’n: As jy dan
so iets wil aanvang, maak tog net seker dat jy protection gebruik teen
vleeslike siektes en moontlike swangerskap.’n Laitie van daai ouderdom wil jou net uitlê. Moenie vir jou met ’n slap riem laat vang nie!

https://www.son.co.za/naughty-corner/Antiemona/14-jarige-se-outjie-vra-nou-vir-seks-20190316

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.