2 kids maak lewe hel vir ma

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

“WATSE ma is jy wat nou nog tights dra?”So het ’n 12-jarige tik- en daggakop-laitie van Jacksonville vir sy ma gesê terwyl hy haar tights een vir een stukkend gesny het.Die kind se 45-jarige ma sê die afgelope vier jaar sukkel sy om huis te hou met hom en sy 13-jarige daggakop-broer. Behalwe dat die 12-jarige haar al met die dood gedreig het, sê die ma, het hy haar al geklap en met klippe bestook wanneer sy hom oor sy gedrag aanpraat.Die ma sê haar 13-jarige laitie – behalwe dat hy weier om hom te was en sy hare te sny – is nie so erg soos sy jonger boetie wat die shots in die huis call nie.Volgens die ma is haar 12-jarige seun “baie rou in die huis.“Hy skel my morsig uit, noem my ’n n****r en demand dan kos en geld. “Laas week toe raak my selfoon en al my Avon products weg. Hy het ook ’n ander man se safeties (skoene) gesteel.”Die ma sê die seun se sewejarige sussie is ’n bol senuwees wanneer die 12-jarige so perform.“Hulle treat my soos ’n hond.”Sy sê haar 13-jarige laitie blameer haar gereeld vir hulle pa se dood twee jaar gelede. Sy sê laas week het hy weer oor sy pa gehuil. Volgens haar het hulle pa die gesin – toe haar jongste seun maar drie jaar oud was – net so gelos en ’n ander vrou in Oos-Londen gevat. Die ma sê haar jongste seun het reeds op agjarige ouderdom begin dagga rook en gereeld stokkies gedraai.Die ma sê haar twee seuns is verlede jaar in ’n home geplaas nadat sy by ’n social worker gaan kla het. Sy sê hulle het gereeld weggehol van die home af. Die ma sê toe hulle eventually uit die home terugkeer huis toe, was hulle gedrag nog dieselfde.“Ek slaap nie saans nie, want ek worry oor hulle. “Ek huil baie oor hulle.”Die ma sê haar nuwe boyfriend­ try alles in sy vermoë om ’n pa vir die kinders te wees, maar dan sê hulle hy is nie hulle pa nie.Volgens die ma is dit die tweede jaar dat haar kinders nie in ’n skool is nie. “Ek wil net hê hulle moet in ’n safe plek wees soos in ’n skool, sodat hulle weer kinders kan wees.”Noleen Moodley, ’n voormalige­ voorsitter van die Bethelsdorp-gemeenskapspolisiëringsforum, sê die ma moet haar tot die Bethelsdorp-polisiestasie wend, waar sy dan verwys sal word na die victim support unit.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/2-kids-maak-lewe-hel-vir-ma-20181114

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.