2 leerders in stekery beseer

Please log in or register to like posts.
News
2 leerders in stekery beseer

TWEE laerskoolleerders en ’n opsigter moes hospitaalbehandeling kry ná ’n steekvoorval waarin ’n bottelkop ingespan is.Die voorval het gistermiddag by die Primêre­ Skool Manenberg plaasgevind.Jessica Shelver, ’n woordvoerder van die departement van onderwys, het bevestig twee gr. 6-leerders en die opsigter is in die voorval gewond.Die twee leerders het stry gekry in die klaskamer. Die een leerder het ’n skêr uitgepluk om die ander een mee te steek.Shelver sê: “Die onderwyser het die skêr by die leerder afgevat. Die kind het by die klaskamer uitgehardloop.Berading“Die leerder het later teruggekom met ’n stukkende bottelkop en die ander leerder gesteek. Albei leerders het steekmerke en die opsigter is ook raak gesteek toe hy probeer keer het.“Die leerders wat die voorval in die klaskamer aanskou het, sal berading ontvang.“Albei leerders gaan dissiplinêr aangekla word.”Volgens Shelver is daar verskeie programme by skole om leerders te help en veiligheid by skole te ver­seker. Dit sluit konflikbestuur, teen-bende-, dwelm- en anti-bully-programme in.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.