2 ma’s by lyke | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
2 ma’s by lyke | Die Son

’N TIKKOP van Bonteheuwel is gisteroggend koelbloedig doodgeskiet terwyl hy vermoedelik vir hom drugs gaan koop het.Die 35-jarige Tashwill Humphries is omstreeks 09:00 in Cameliastraat, Bonteheuwel, geskiet.“Wat kan ’n mens nou doen?” het sy ma, Magdalene Kiewiet, gister gevra.Kiewiet erken haar seun was ’n heavy dwelmgebruiker, maar meen hy het nie verdien om so wreed te sterf nie.“­ ’n Mens weet nie wat jou kinders alles buite aanvang nie. “Ek weet nie waarom hy ’n target was nie. Daar is nou rêrig niks wat ek kan doen nie “Dit is nie ’n lekker gevoel om ’n kind so te verloor nie,” sê sy.ONTSTELD: Magdalene Kiewiet sê haar kind het nie verdien om so te sterf nie. Volgens Kiewiet het sy gisteroggend terwyl sy by die werk was ’n oproep van haar suster gekry om te sê haar kind is geskiet.“Dit was seker net voor 09:00 toe hy geskiet is. Ek het gemaak dat ek gou by die toneel kom, maar sy body was al klaar toegegooi. “Wat hy gedoen het om dit oor te kom, sal ek nie weet nie,” sê sy. Kiewiet sê Humphries het gereeld in daai straat uitgehang.“Ek dink miskien het hy vir hom ietsie – drugs – gaan koop, maar dit sal net hy weet. Opgevolg“Ek weet nie eens of hy ’n bendelid was nie.”Kiewiet sê haar seun laat twee kinders – ’n ses maande oue baby en ’n agjarige meisie – agter.Die polisie het twee verdagtes in hegtenis geneem nadat hulle inligting van die gemeenskap ontvang en opgevolg het.vermoor: Die lyk van Tashwill Humphries op die toneel waar hy geskiet is. Foto’s: LEON KNIPEKaptein FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, sê vuurwapens is gekonfiskeer.“Die moord is bendeverwant,” sê Van Wyk.In nog ’n voorval gisteroggend is ’n 37-jarige man, Jason Jacobs, in Valhalla Drive doodgeskiet.Jason Jacobs (37), ook bekend as “Skuim”, is naby ’n smash-en-grab hot spot buite Kalksteenfontein verskeie kere in die gesig geskiet.Volgens sy ma, Elizabeth Kleinsmith, het haar kleinseun vir haar kom sê Jacobs is geskiet.“Hy het vir my gesê ‘my pa lê daar, my pa is dood’.“Ek het toe gaan kyk en gesien dit is hy,” sê sy. Kleinsmith sê haar seun was ’n tikkop en het geskarrel vir scrap.“Hy is nie ’n gangster nie. Daai is een ding wat die hele community kan sê.”Van Wyk sê die polisie het nog geen arrestasies in verband met die voorval gemaak nie.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.