2 skote trek pa in pad plat

Please log in or register to like posts.
News
2 skote trek pa in pad plat

NADAT hy in die bolyf geskiet is, het hy weg­gehardloop, maar toe op die straathoek in­mekaar gesak.Mense van Schauderville het in Dinsmoreweg ’n kring gevorm om die bloeiende Remo January (40).Die ambulans is gebel, maar dié het nie uitgekom nie. January is met ’n privaat kar hospitaal toe geneem en het daar gesterf.Tientalle lede­ van die polisie se spesiale taakspan het die skiettoneel gefynkam. Inwoners het steeds verskrik rondgestaan en onder mekaar gefluister oor die mees onlangse moord in hul midde. Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê die voorval het omstreeks 11:55 gebeur.GesienVolgens haar was January vermoedelik in Dinsmoreweg toe hy geskiet is. “Dit is onbekend wie hom geskiet het en hoekom.”’n Saak van moord word ondersoek.”Jenny Paulse, ’n verlangse familielid, sê sy het Janua­ry nog ’n halfuur voor sy dood gesien. “Ek was in die jaart besig om onkruid uit te trek en hy het verbygeloop en water gevra. Dis die laaste keer dat ek met hom gepraat het. “Hy het grootgeraak in my suster se huis. Hy was ’n baie humblemens wat niemand ooit iets gedoen het nie. Hy het twee kinders. Ek voel geskok.”’n Vrou (42) vertel January het altyd in Dins­moreweg geloop en almal gegroet. Gister het sy in dié straat twee skote gehoor afgaan. “Die laaste skoot was baie hard. “Remo het gehardloop, toe val hy. Dit het gelyk of hy onder die hart geskiet is. Hy was uncon­scious. Mense het gesukkel om ’n response by hom te kry.”Volgens haar is daar twee ShotSpotter devices in die vicinity. “Wat is die doel daarvan as hulle nie dadelik respond nie? Ons is moeg vir dié goed – daai kon my kind gewees het.”January se vriende is platgeslaan. Een (34) sê hulle was 16 jaar vriende. Sy beskryf hom as vriendelik en grapperig en sê hy was lief vir kinders. Nog ’n vriend (19) sê: “Ek gaan sy generosity en sy sense of humor mis, en die smile op sy gesig.”Nog ’n vriend (37) beskryf January as stil. “Hy was ’n vrygewige mens wat enige iemand sou help. Ek het ’n bond met hom gehad.”

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.