3 vriende help | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

VAN die hand na die mond. Dís hoe die mense moet lewe wat in ’n parkie in Newton Park in die Baai slaap. Hulle almal het geen heenkome nie.Natasha Piet en twee vriendinne, Alethea Sarrahwitz en Samantha Salsoni, het die naweek hulle harte oopgemaak en klere, kos en beddegoed gebring vir die parkie-inwoners.’n Vrou (28) van Gelvandale vertel verleë: “Ek moet erken – ek verkoop my lyf vir geld. “Die meeste van die tyd moet ek met mans slaap. Partykeer kry ek net R20, as dit nie minder is nie. “My hart raak seer om myself so te sien.”­ Sy vertel sy is as 14-jarige deur ’n man verkrag wat sy geken het en sy het toe van die huis af weggehardloop. Haar familielede is oorlede. “My twee kinders wat saam met my hier gebly het, is dood. Die oudste ene (5) het doodgegaan van ’n siekte omdat hy nie die regte inspuitings gekry het nie en die een van drie maande het versmoor.”Haar ander seun (11) is in foster care en sy gaan kuier gereeld vir hom.Nog ’n vrou ­ville is as kind verkrag deur haar ma se broer. Sy het toe gaan bly by die Port Elizabeth Childline­ and Family Centre­. Later het sy in die parkie kom bly met haar vier klein kinders.“­ ’n Mens slaap nie lekker nie. Ons almal het maar different ways van hoe ons geld in die hande kry. “Ons bedel en vra vir brood.”Boonop het dié vrou se een long platgeval en sy ly aan ’n chroniese siekte.Evelyn Muller (59) is van Kleinskool. Haar man is drie jaar terug oorlede. Hy was die broodwinner. Sedertdien slaap sy, haar dogter en kleinkinders in die parkie. Bedags pas sy karre op om vir hulle kos te koop.Jillian Minnaar (41) van Barcelona sê die pa van haar twee kinders het hulle uit die huis geskop. “Ek gaan skarrel by winkelsentrums vir kos en werk. Ek doen dit vir my kinders en wil graag hê hulle moet skool toe gaan. Ek voel onveilig waar ek slaap op straat.”Die huis van Hilman Kerneels (35) van Kleinskool is in Januarie 2018 afgebrand deur ’n vrou wat tik gebruik. Saans slaap hy onder ’n kombers onder ’n boom in die parkie.Die haweloses was baie dankbaar vir die drie vriendinne se skenkings.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/3-vriende-help-20190224

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.