4 seuns verkrag: Leerders geskors

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

’N LAERSKOOL-LAITIE van Hamlet­ in Ceres is een van vier seuns wat by ’n skool verkrag is.Die rape het in November 2018 gebeur toe twee ander seuns die vier seuns in die skoolbiblioteek gesodomiseer het.Een leerder het die biblioteek se deur gesluit en nog twee seuns aangesê om die vier seuns te verkrag.Drie van die leerders wat verkrag is, was in gr. 4 en die ander een in gr. 5.Die een slagoffertjie se ma vertel daar was die Vrydagaand ’n funksie by die skool.“Die hoof het die ouer seuns die Maandag gevra om op te ruim en die stoele na die biblioteek terug te neem.Mank“Toe die seuns by die biblioteek kom, het een van die leerders die deur gesluit.“Hy het twee seuns opdrag gegee om die vier seuns te verkrag. Hy en nog ’n seun het toegekyk.“Ek het opgemerk my seun loop mank die middag toe hy by die huis kom. Hy wou nie vir my sê wat gebeur het nie. Ek het aangeneem dat sy been seer is.“Die Woensdag het my skoonsuster vertel wat met die seuns by die skool gebeur het. Ons was tot by die skoolhoof, waar die seuns alles erken het. “Ek was baie geskok en hartseer. Die Donderdag het die dokter bevestig hulle is verkrag.”Jessica Shelver van die Wes-Kaapse onderwys­departement sê die kinders is ná ’n dissiplinêre verhoor geskors.“Die ouers van drie van die leerders wat verkrag is, het hulle na ’n ander skool verskuif en een leerder het agtergebly.“ ’n Maatskaplike werker besoek die kinders twee keer ’n week en die voorval is by die polisie aangemeld.“Dit is ’n groot bekommernis vir ons dat leerders van so ’n jong ouderdom hulle aan sulke optrede skuldig maak.”Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.“Die ondersoek is afgehandel en die dossier is na die nasionale vervolgingsgesag gestuur vir ’n beslissing.”

https://www.son.co.za/Nuus/Boland/4-seuns-verkrag-leerders-geskors-20190214

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.