4 verkool in vuurwa | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

vernietig: Die nooddienste kon niks vir die insittende doen nie omdat hulle op die toneel dood is. FOTO’S VERSKAFVIER mense is gister in ’n fratsongeluk op ’n Baaise pad dood.Die gru-ongeluk het gisteroggend op die M4-hoofweg gebeur.Unathi Binqose, woordvoerder van die departement van vervoer, sê die voertuig het nog op dié pad gery toe dit aan die brand slaan. Die motor het die pad byster geraak en het by ’n wal afgeval.“Al vier insittendes – twee mans en twee vroue – het doodgebrand,” sê Binqose.noodlottig: Dié voertuig het in vlamme uitgebars en aan die kant van die M4 afgejaag.Brenhan Metune, distrikshoof van die Baaise nooddienste, sê hulle het gister 05:03 die oproep gekry.“Die voertuig het in die rigting van Deal Party gery, aan die brand geslaan en gerol. “Al vier insittendes was dood by die ambulans se aankoms en die voertuig het volkome uitgebrand.”’n Saak van strafbare manslag is vir nader ondersoek by die Mountweg-polisiestasie geopen. IN vlamme: Die vier mense in die brandende motor het verkool.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/4-verkool-in-vuurwa-20181220

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.