8 plat in 2 dae

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N VERLAMDE man het Woensdagaand in ’n drive-by shooting in Eastridge, Mitchells Plain, omgekom.Nog twee mans is in die skietery gewond. Hulle was gister nog in ’n ernstige toestand in die hospitaal.Marco Khan (28), wat in ’n rolstoel was, is verskeie kere getref. Hy is op die toneel dood.Khan was die afgelope vier jaar verlam nadat hy met ’n mes in sy rug gesteek is. Sy nefie is in Woensdagaand se voorval in die bors en albei bene getref.Die derde slagoffer, ’n vriend van hulle, se bors is vol lood gepomp.Die twee gewonde mans is met die ambulans na die hospitaal geneem.Khan en sy vriende was buite sy huis in Bontebok Crescent toe ’n silwer BMW met vyf insittendes in hulle rigting aangery gekom het.KruisvuurDie mans het vanuit die motor op hulle losgebrand en weggejaag.Die cops se anti-bende-eenheid het leidrade opgevolg en ’n 31-jarige verdagte gearresteer.Die verdagte sal binnekort in Mitchells Plain se landdroshof verskyn.In nog ’n skietvoorval Woensdagaand in Lentegeur is ’n 36-jarige vrou ernstig gewond. Die voorval het om en by 18:40 in Tulip­straat gebeur. Die vrou het in die bendes se kruisvuur beland.Sy is verskeie kere getref en is in ’n ernstige toestand in die hospitaal.Dit volg ’n dag nadat ’n onskuldige 18-jarige meisie Dinsdagaand in Lentegeur doodgeskiet is.In Bonteheuwel is ’n man wat tot dusver net as Ashwill bekend gestaan het, gister in die vroeë oggendure afgemaai.Die voorval het in Alsweg gebeur. Die man is op die toneel dood.Ure daarna is die lyk van Wayne Douglas (24) in ’n bouvallige toilet by die winkel­sentrum in Bonteheuwel gekry.Die oorsaak van sy dood is nog onbekend.’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word.In Delft is ’n 46-jarige man gister douvoordag dood­geskiet.Die man was op pad werk toe toe hy in die kop geskiet is. Hy is net daar dood.Die voorval het omstreeks 05:15 in Aberdeenstraat by die N2 Gateway plaas­gevind.Sy selfoon en beursie was gesteel, maar sy rugsak het nog op die toneel gelê.Die omstandighede word nog ondersoek. Twee verdagtes was betrokke.

https://www.son.co.za/Nuus/Kaapsenuus/8-plat-in-2-dae-20190221

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.