Aanvaller skiet mis | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus
Aanvaller skiet mis | Die Son

Update
Port Elizabeth

DIE provinsiale bendetaakspan ondersoek twee sake van poging tot moord ná ’n skietvoorval Saterdag in Beth­elsdorp.Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê Saterdag omstreeks 12:30 was die klaers agter ’n huis in Cellosia Crescent, Uitbreiding 33, Bethelsdorp.Die verdagte het die agterste grensmuur van die huis van buite die jaart genader.Naidu sê toe die slagoffers in die rigting van die verdagte kyk, het hy verskeie skote in hulle rigting gevuur.Die skieter het toe weggehardloop.Niemand is in die voorval gewond nie.Volgens Naidu is die skieter aan die klaers bekend.Sy sê die motief vir die skietvoorval word nog ondersoek.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/aanvaller-skiet-mis-20180916

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.