Afgeskeepte man wens skelmpie se baba weg

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

Liewe Antie MonaEK LOOP al lank met ’n geheim rond wat besig is om my stadig maar seker van binne af op te vreet.Ek is getroud, Antie, en het ’n lieflike vrou. Ons het drie kinders.My vrou werk baie hard en het eintlik meer tyd vir haar werk as vir my. Ek het jare lank hieroor gemoan, maar toe sy niks aan die saak doen nie, het ek maar besluit om my eie ding te doen.Ek het toe meer met my pelle begin uithang, veral in die pubs hier in K. Dis in een van hierdie pubs dat ek T ontmoet het.Dieselfde aand het ek haar ingetrek toe ek haar by haar huis gaan aflaai het. Sy is geskei en haar kind het toe by haar ma gekuier­.Antie, ons tydjie saam was so lekker dat ek nie eens skuldig gevoel het nie. Vir die eerste keer het ek ’n vrou ontmoet wat tyd en aandag aan my gegee het.Vir die eerste keer was ek saam met ’n vrou wat nie soos ’n standbeeld in die bed was nie en lekker kreungeluide in my oor gemaak het.Maar ons albei was vanuit die staanspoor bewus daarvan dat dit net oor seks gaan.Sy was fine daarmee. Ek was eerlik met haar en het gesê ek is getroud. Dis nou wel nie in ’n gelukkige huwelik nie, maar een waar ek nie bereid was om my kinders sonder ’n pa te laat grootword nie.T het gesê sy verstaan my situasie en dat sy nie pressure op my sou sit nie.Ná ’n paar maande het sy egter begin demand dat ek meer tyd saam met haar deurbring.Dit was iets wat ek nie kon doen nie, want anders sou my vrou mos iets agterkom. T het gesê sy wil meer as net my skelmpie wees. Ons het mekaar al hoe minder begin sien omdat ek nie vir complications­ lus was nie. En toe whatsapp­ sy my met die skokkende nuus: Sy is swanger.Antie, dit het gevoel asof die aarde om my draai. Sy het my altyd gesê ek hoef nie te worry nie, want sy is op die inspuiting.T sê sy gaan nie ’n tweede kind sonder ’n pa grootmaak nie en ek moet besluit waar ek wil wees.Sy ken my vrou en dreig nou om my vrou van ons twee en die baby te sê. Ek kan skaars snags slaap en wil nie eens eet nie.My vrou gaan my nie vergewe nie. Hoe deal ek met die situasie? Ek kan myself nie help nie, maar ek wens al T verloor die baby. – Desperaat, e-posAntie Mona antwoord: Wat jy eerstens moet verstaan, is dat hierdie ongebore baba nie gevra het om op pad te wees nie.Dit is jou eie skuld. Een waar jy nie eens T en die feit dat sy nie voorbehoeding gebruik het die skuld kan gee nie.Jy moes van beter geweet het. Jy
as getroude man moes glad nie eens met ’n ander vrou gaan lê het nie –
maak nie saak hóé jou vrou jou in die bed afgeskeep het nie. Nog ’n ding
– daar is goed soos kondome op die mark.Daar is
net een manier om jou uit hierdie predicament te kry: Jy sal met die
hele sak patats vorendag moet kom. Ja, die kanse is groot dat hierdie
die einde van jou huwelik kan wees. Of prefer jy
om ’n onskuldige baba dood te wens? Wees ’n man, en deal met die
consequences van jou optrede. Soos jy kan sien, bly daar nie veel van
die lekker en kreungeluidjies in die ore agter nie.

https://www.son.co.za/naughty-corner/Antiemona/afgeskeepte-man-wens-skelmpie-se-baba-weg-20190204

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.