Ag jaar in mang vir aanrander

Please log in or register to like posts.
News
Ag jaar in mang vir aanrander

OUDTSHOORN. – Hy moet ag jaar mang oor hy sy hande vir sy eks gelig het.Heinrich Swartbooi (27) het Vichonna Hendricks in Mei 2017 in De Rust voorgekeer, geskop en getrap en twee keer met ’n mes gesteek. Dít was oor hy haar vroeër die aand in ’n tavern saam met ander mansvriende sien kuier het.Swartbooi was onder­ korrektiewe toesig toe hy dié misdryf gepleeg het.BesoekHendricks moes meer as een operasie ondergaan ná die aanranding. Swartbooi het dik gehou hy het nooit sy hande gelig vir sy kind se ma nie, maar haar nie eens in die hospitaal gaan besoek nie. Hy het glo nie geweet waar die hospitaal is nie.Streeklanddros JC Nortjé het bevind: “Dis ’n ernstige misdaad teen ’n weerlose vrou. Net deur genade het sy volkome herstel.”Nortjé het gesê dis die laaste keer dat hy Swartbooi in die hof wil sien. Drie van die ag jaar gevangenisstraf is voorwaardelik vir vyf jaar opgeskort.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.