Aitsa mis Sammy niks | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

DIE Alliance of Indigenous and True South Africans (Aitsa) sal in die komende verkiesings goed vorder sonder Sammy Claassen.Só sê dié relatief nuwe party se Wes-Kaapse leier, Jerry Kapel, skaars ’n week nadat Claassen uit Aitsa uitgeskop is.VurigeDis einste Claassen wat laat laas jaar die koe­rante gehaal het nadat hy beweer het die Wes-Kaapse waarnemende ANC-voorsitter, Khaya Magaxa, het na bruin mense as “ ’n klomp honde” verwys.Hy het kort daarna die ANC verlaat en Aitsa gestig deur ’n vurige mediaveldtog waarin hy hoofsaaklik gesê het Aitsa sal na die belange van die bruin mense omsien.Kapel sê Claassen was nie die stigter of ooit die president van Aitsa nie.Volgens hom was Claassen die interim voorsitter.Kapel verduidelik: “Sammy is een van die stigters­lede, maar die idee rondom die daarstelling van so ’n party was glad nie – soos hy beweer – syne nie. Dit was van Nico Jano.”Hy voeg by: “Ons wil ons kiesers mooi aanraai om reg te stem en om hulle stem toe te sê aan die party wat vir bruin belange staan.”Kapel sê verder Aitsa staan vir onder meer die erkenning van die inheemse volk as die eerste nasie. “Die grond behoort aan ons. Ons is op ’n missie om terug te vat wat regmatig ons s’n is.”

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.