Please log in or register to like posts.
News

KAAPSTAD. – ’n Bewus­makingsveldtog teen bullebakkery en boelies is in die pyplyn.Dit word gereël deur die 1 000 Vroue-trust in die aanloop tot die 1 000 Vroue 1 Stem-vlagskipbyeenkoms wat op 9 Mei in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum plaasvind.Die byeenkoms verenig die 1 000 vroue as ambassadeurs teen geweld teen vroue en meisies, het Tina Thiart, direkteur en mede-stigter van die 1 000 Vroue-trust, gesê.Vroue in Suid-Afrika word in die aanloop tot die byeenkoms gevra om die Verenigde Nasies se wêreldwye veldtog #HearMeToo te steun. Hulle kan dit doen deur hulle eie verhale van bullebakkery en geslagsgebaseerde geweld in die sosiale media te vertel as deel van hulle helingsproses.Die doel daarvan is ook om aan ander Suid-Afrikaanse vroue en kinders te wys hulle is nie alleen op hulle reis nie. Vroue en meisies moet weet hulle het die innerlike krag om op te staan teen geweld, verkragting en moord – en teen boelies in die algemeen.BewustheidLuidens ’n onlangse studie is Suid-Afrika tweede ter wêreld op die ranglys wat internet-bullebakkery betref.Hiermee word bedoel dat rowwe Jack-kinders doelbewus ’n ander kind of groep kinders intimideer, beledig, dreig of in die verleentheid stel deur inligtingstegnologie te gebruik.Na berig word, is 57 % van Suid-Afrikaanse leerders in ’n stadium van hulle hoërskoolloopbaan geboelie. As ’n mens in ag neem dat daar 2,2 miljoen skoolgaande kinders in Suid-Afrika is, is die getal geteisterde kinders verstommend hoog.Dis skrikwekkend en die 1 000 Vroue-trust het besluit om bewustheid te kweek en aan vroue en meisies hulle eie oplossings van die probleem van bullebakkery in gemeenskappe te gee.Statistieke oor die wêreld toon ook dat seuns wat boelies op skool is, twee keer meer geneig is om hulle meisies of eggenote later in hulle lewe te boelie. Statistieke toon ook dat kinderboelies gewoonlik tuis ook geweld tussen volwassenes ervaar het. Sulke bullebakkery kom daagliks in skole voor en kan die vorm van fisieke, verbale, sosiale of internet-bullebakkery aanneem.Veral as ander kinders sekere leerders as “anders” sien of ervaar, staan dié “anderste” leerders ’n groter kans om geboelie te word.Dit sluit in leerders wat LGBTIQ is, leerders wat met gestremdhede leef en leerders wat verskil van ander wat etnisiteit, ras en godsdiens betref.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.