Almal weet nou van haar sekskapades

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

Liewe Antie MonaEK WAS onlangs by ’n paartie waar ek ’n oulike ou ontmoet het.Antie,
hy het my bene lam gemaak met sy oulike smile en jokes. Ek het daardie
aand met hom geslaap, maar die next oggend maak hy asof hy my nie ken
nie.Hy het ook vir al sy tjommies vertel van wat ons gedoen het.As
ek nou in ’n crowd uithang, moet ek hoor van die goed wat ek als doen.
Ek weet nie waar om my kop in te steek nie en kan nie glo hy het so
uitgedraai nie.Ek bly maar nou naweke by die huis en bid dat alles oor sal waai. – A van C, WhatsAppSo, behalwe ’n oulike smile wat jou bene lam gemaak het, was hierdie ou nie veel om oor huis toe te skryf nie.Daar is nie ’n greintjie gentleman in hom nie, sal seker ook nooit wees nie. Jy het ’n baie humiliating les geleer en dit gaan ’n ruk neem om mense weer in die oë te kyk.Maar om jouself by die huis weg te steek is nie die antwoord nie.Dié
wat lag oor die stories wat hy versprei (veral die girls) is te onnosel
om te besef dat jou experience­ net so maklik met hulle kon gebeur het.
En die ouens wat dit net so snaaks vind, het
natuurlik nie veel van ’n brein om te besef hierdie ou is die perfekte
voorbeeld van hoe geen man behoort te wees nie.Dit sal oorwaai, maar laat die les wat jy hieruit leer jou altyd bybly.

https://www.son.co.za/naughty-corner/Antiemona/almal-weet-nou-van-haar-sekskapades-20181212

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.