Antie in pyn ná sy hare dye

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

GOUDA. – ’n Pakkie henna-haarkleursel wat veronderstel was om vir ’n mooi swart hairdo te sorg, het die anatomie van ’n vrou se gesig heeltemal verander.Soveel so dat sy dalk nou nie eens in ’n moordsaak sal kan getuig nie.Crystal Fredericks (42) se hare het byna orent gestaan toe sy die Sondagoggend in die spieël kyk.Dít was nadat sy haar hare die vorige dag gekleur het. Frederiks vertel: “Die oggend ná ek my hare gedoen het, het ek met ’n geweldige pyn in my kopvel opgestaan en my byna flou geskrik toe ek in die spieël kyk en sien hoe opgeswel my gesig is.“My kopvel was stukkend gevreet. “Ek is die volgende dag hospitaal toe. “Hulle het my daar behandel, medikasie gegee en gesê die swelsel sal eers ná twee weke begin sak en ek is allergies vir die dye.“Ek het sowat drie jaar gelede dieselfde dye gebruik en ook dieselfde ding oorgekom.” Fredericks sê sy ondervind steeds baie pyn en kan nie slaap nie. Daar is ook vog wat uit haar kopvel stroom soos water.Sy vrees dat sy nou haar werk ook gaan verloor, want haar oë is so toegeswel dat sy niks kan sien nie.AllergiesFredericks sal heel moontlik ook nie die hofsaak kan bywoon waarin die berugte Fabian “Die Ag” Briessies eersdaags verskyn vir die moord op Dennis Booysen (63) in Maart verlede jaar nie. Sy is ’n getuie in dié saak, en sal in haar huidige toestand nie kan sien wat in die hof aangaan, of selfs teen wie sy getuig nie.’n Woordvoerder vir die vervaardiger van die produk sê dit is duidelik dat Fredericks allergies is vir die produk en nie die instruksies wat daarmee saamgaan, gevolg het nie.“Al ons produkte word verpak met instruksies en ’n vervaldatum en met haarkleursel moet verbruikers eers ’n veltoets doen en 48 uur wag.“Alle regulasies waaraan ons produkte moet voldoen, word streng toegepas. “Ek sal vir me. Fredericks persoonlik kontak en vir haar advies gee.“Mense wat dié soort produkte gebruik, moet die instruksies volg soos dit aangedui word,” het die woordvoerder gesê.Gladys Siswana (46), ’n vriendin van Fredericks, sê sy was geskok toe sy haar vriendin in dié toestand sien.“Ek het my boeglam geskrik toe ek vir Crystal sien en ek het haar byna nie herken nie. ’n Mooi pikswart bos hare, maar ’n vreemde gesig.“Behalwe die swelsel in haar gesig het haar kopvel ook baie sleg gelyk en sy het gekreun van die pyn.”

https://www.son.co.za/Nuus/Boland/antie-in-pyn-na-sy-hare-dye-20190314

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.