Antie met lang vingers sit

Please log in or register to like posts.
News
Antie met lang vingers sit

’N OUMA wat twee skole in haar loopbaan as ’n boekhouer met derduisende rande ingeloop het, moet nou sit vir haar dade.Jacqueline Struwig (61), ’n ouma van vier kleinkinders, is verlede week in die handelshof in Bellville tot tien jaar tronkstraf gevonnis.Luidens hofdokumente het Struwig tussen 1 September 2007 en September 2014 vir die Rhenish-meisieskool en die Hoërskool Stellenbosch gewerk. By Rhenish was dit haar werk om seker te maak die personeel word hulle salaris betaal. Sy moes die salarisse ook op payroll laai.By Stellenbosch het Struwig alle kontantdeposito’s hanteer wat by die skool gemaak is. VerlieseSy moes die betalings dan later bank en die dokumente daarvan aan die skoolhoof oorhandig.By albei skole het sy egter gereeld geld in haar, haar man en dogter se rekeninge geplaas. Daar was ook betalings in ’n onbekende bankrekening.Struwig het Rhenish met ongeveer R1 miljoen ingeloop en Stellenbosch met sowat R64 000. Rhenish het die verliese opgelet eers nadat sy vort is. Die nuwe boekhouer daar het die miernes oopgekrap toe hy sien Struwig het haar al die jare salarisse betaal wat haar nie toekom nie.Die skool het toe ouditeurs aangestel en dié het die ware omvang van die verliese vasgestel. Dieselfde ouditeurs het Struwig se bedrog by Stellenbosch oopgekrap.Struwig het ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan. In haar pleitverduideliking sê sy sy en haar man het so swaargekry hulle moes iewers geld uitkrap.Die Struwig-egpaar is in 2011 op ’n onverwante aanklag van bedrog skuldig bevind.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply