Antie Pat lê plan uit in northerns

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE GOOD Party het ’n vyfjaarplan om Suid-Afrika ‘te fix’.Dit is om werkloosheid, korrupsie, misdaad en maatskaplike euwels te beveg.Dié party is slegs drie maande oud, maar Maandag sal hy amptelik geregistreer wees om deel te neem aan die nasionale verkiesing op 8 Mei.Die voormalige DA-burgemeester van Kaapstad, Patricia­ de Lille, lei nou dié party.Saterdag het De Lille saam met die Oos-Kaapse premierskandidaat vir Good, Celeste Domingo, die gemeenskap van Malabar in die Baaise noordelike gebiede besoek.“Die Oos-Kaap is ’n provinsie met groot potensiaal, maar die geleenthede vir opvoeding, werk en gesondheid word weerhou deur korrupsie en kader-ontplooiing.“Die Zuma-administrasie het Suid-Afrika ’n geskatte R1,5 miljard gekos – dit wil sê omtrent R27 000 vir elke Suid-Afrikaner. Good wil korrupte politici tronk toe stuur – nie parlement toe nie,” sê Domingo.Sy sê onder die huidige regering het die proporsie werkende mense in Nelson Mandelabaai met nagenoeg 10% gedaal in 2017. In die provinsie het die werkloosheidsyfer verlede jaar gestyg tot 35,6%. Sy voeg by werkloosheid onder die jeug in die Oos-Kaap staan op 45% – die hoogste in die land. Met goeie leierskap hoop Good om weer beleggers en maatskappy-eienaars se aandag te trek om in die provinsie te belê.Domingo noem dat twee uit vyf mense in die provinsie staatmaak op maatskaplike toelae en dat dit die enigste inkomste is vir ’n derde van huishoudings.Good glo dat die toelae moet vermeerder om by te hou met inflasie. Domingo sê hoewel polisiëring belangrik is om misdaad te beveg, moet daar ook met maatskaplike dienste gewerk word om die oorsaak van dié misdaad te pak.Wat behuising betref, woon slegs 70% van mense in die provinsie in formele strukture. Daarom beoog Good om dienslewering te versnel. Die party glo publieke grond moet aan mense gegee word. Geslagsgelykheid is hoog op Good se lys en hy glo dat vroue se salarisse dié van mans moet ewenaar. Onderwyser-tekortDié party sal ook aandag gee aan tienerswangerskappe en dié jong meisies deur middel van toelae help om hul studie te voltooi.Domingo sê: “In sowat 6,1% van Oos-Kaapse skole is daar ’n onderwyser-tekort. “Dit is drie keer meer as in die res van die land. Sommige skole kry nie handboeke nie en die ablusiegeriewe kan verbeter word. “Die skoolgeboue benodig ’n begroting en moet in stand gehou word.”Sy voeg by dat Good e-learning­ sal implementeer sodat kinders te alle tye toegang tot inligting sal hê.Net 3,5% van die huishoudings in die provinsie het internet en maak op selfoondata staat. Daarom sal Good die hoë lugtydpryse beveg.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/antie-pat-le-plan-uit-in-northerns-20190311

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.