Arigato, meesters | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Arigato, meesters | Die Son

TWEE voorste karateka’s uit Japan het Kaapstad onlangs besoek om hul karate skills aan plaaslike studente oor te dra.Sensei Kenji Nakazawa en shihan Mamoru Toshioka was by hul besoek verlede week spesiale gaste van Hoosain Narker, direkteur van Ashihara Karate.Nakazawa is kancho (hoof) van Ryuseikan Aikisambo, ’n stelsel wat hy ontwikkel het ná jare se training in Yoshinkan Aikido en Russiese Sambo. Hy’t dit gefuse om Aiki­sambo te skep. Toshioka is ’n sesde dan in Aikikai Aikido.Volgens Narker het hy Nakazawa ’n paar jaar gelede tydens een van sy vele besoeke aan Japan ontmoet. Sedertdien het die sensei die Moederstad gereeld besoek vir onderrig en opleiding.Narker, wat Ashihara-karate in 1984 in Suid-Afrika bekend gestel het, is ’n gesogte instrukteur. Hy reis byna elke maand na ’n ander uithoek van die wêreld om die unieke beginsels van die Ashihara-styl af te rig.“Die besoekende instrukteurs het verskeie klasse aangebied terwyl hulle in Kaapstad was en beide het aangedui hulle sal terugkeer. “Die studente van die Lofob dojo in Grassy Park het dit baie geniet.“Instrukteurs in ander style het ook die seminaar bygewoon,” het Narker gesê.Vir nóg inligting oor Ashihara, kontak Narker by 082 369 6904 of besoek ashiharakarate.co.za.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.