Baaise bendes by ‘n kruispad

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

KHOISAN-LEIERS gaan 75 kruise op strategiese plekke opsit ter herinnering aan die mense wat vanjaar in die Northerns vermoor is. Elke kruis verteenwoordig ’n jong mens wie se bloed sedert Januarie gestort is.Christian Martin, chief Crawford Fraser, chief Cora Hennings en chief Moghammed Blouw het verlede week aan die werk gespring met die kruise.Hulle wil ’n boodskap bring aan veral die jong mans in die areas wat dikwels by skietvoorvalle betrokke is.Volgens Martin ly die mense van die Northerns aan “compassion fa­tigue”. Dit beteken die skietery het vir die inwoners nou al amper ’n normale ding geword.“Dit is self-inflicted genocide. Ons roei onsself uit. DIS NOU genoeg: Blouw voel ontsteld daaroor dat so baie onskuldige jong mense in die Baaise Northerns vermoor word. “Die probleem is dat al ons rolmodelle – mense soos Charmaine Williams, Danny Jordaan, James Tamboer, Ashley Leppan en Derrick Swartz – uit ons sukkelende, crippled gemeenskappe gehaal is,” sê Martin.Om te verduidelik wat hy hiermee bedoel, verwys hy na jong olifantbulle wat by koeie geplaas word om te paar. Die jong bulle het nie ouer bulle om hulle touwys te maak nie; daarom saai hulle verwoesting. Aangekom“Die jong bulle weet nie wat om te doen nie, want die ou bulle kry gewoonlik die jonges in orde. “Ons need olifantbulle in ons gemeenskap.”Fraser vergelyk die gangsterism met die tyd toe Vasco da Gama en Bartolomeus Dias in die land aangekom (voor die jaar 1500) en volgens hom grond gevat het wat nie aan hulle behoort nie. “Nou kom mense (gangsters) in die gemeenskappe in en vat territory wat nie hulle s’n is nie.”sigbaar: Fraser verf die kruise, wat later die week op strategiese plekke in die Northerns opgerig gaan word.Fraser meen hoewel dit belangrik is om ’n vader­figuur in die huis te hê, kan diegene sonder ’n pa steeds besluit wat hulle in die lewe wil word.“Ek het sonder ’n pa grootgeword. Ek het hom ontmoet toe ek 26 jaar oud was – in sy coffin. Ek het oorkant die Stoep in Helenvale opgegroei. In ons huisie moes ek altyd langs die pie-emmer slaap. “Ek het al die credentials gehad om ’n gangster te word, maar my ma het geleer ek moet ’n keuse maak.”Fraser het drie jaar met gangsters gewerk en is al sewe keer gegunpoint. Sy eie suster is in bendegeweld doodgeskiet.Nogtans het hy nie moed opgegee nie. Hy probeer om bendelede ’n ander kant van die lewe te laat sien. Martin sê: “Ons moet aanhou hoop. En dís wat ons as die Khoi wil saai.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/baaise-bendes-by-n-kruispad-20181119

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.