Baba se oom vas vir sy moord

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N DRONK-FIGHT oor ’n huis het gelei tot die dood van ’n sewe maande oue babaseun. Die gru-voorval in Flagstaff in die Oos-Kaap het Sondag voorgekom toe ’n 24-jarige man saam met vriende en familie gesit en suip het. Hy het later besef sy suster se boyfriend, die baba se pa, drink nie saam met hom nie, waarna hy die boyfriend gaan roep het, sê kapt. Nozuko Handile, ’n polisiewoordvoerder. ’n Fight het later uitgebreek nadat die verdagte beweer het sy suster en haar boyfriend wil die huis claim as hul eie.“Hy het toe ’n besemstok gaan haal en sy suster daarmee geslaan. “Daarna het hy almal uit die huis gejaag, behalwe sy suster, haar boyfriend, hul baba en ’n gestremde bejaarde vrou. Uitgepluk“Hy het toe begin om die bejaarde vrou aan te rand.“Toe die boyfriend die verdagte probeer keer, het die verdagte ’n mes uitgepluk en die vrou gesteek. “Daarna het hy die baba gegryp en teen die vloer geslaan. Die boyfriend het toe deur ’n venster geklim om hulp te gaan soek. “Die verdagte, met die baba steeds in sy arms, het hom toe deur ’n ander venster na buite gevolg.” Volgens Handile het ’n buurman daar aangekom en probeer om die baba by die verdagte af te vat. “Die verdagte het toe die baba teen die muur doodgeslaan.”Die buurman het die polisie gebel en die verdagte is gearresteer. Hy het Maandag in die hof verskyn. Sy saak is tot 1 April uitgestel vir verdere ondersoek.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/baba-se-oom-vas-vir-sy-moord-20190306

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.