Bakkeryboewe deeglik gestop | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

VIER rowers en een polisie­beampte is dood in ’n gewapende roof gisteroggend by ’n bakkery in Sentraal, Port Elizabeth. Volgens brig. Tembinkosi Kinana, ’n polisiewoordvoerder, het die rooftog 08:45 by die Le Bon-bakkery in Rose Street in die Baaise middestad plaasgevind. “Twee lede van die blits­patrollie het na die toneel gejaag nadat hulle van die rooftog in kennis gestel is.”Toe hulle daar kom, was die rooftog steeds aan die gang. Die rowers het op die twee beamptes losgebrand. Een van die beamptes, ’n 31-jarige konstabel, is getref – een keer in die hand en twee keer in die maag. “Nadat die be­ampte getref is, het sy partner op die verdagtes los­gebrand. Vier verdagtes is doodgeskiet,” sê Kinana.’n Vyfde verdagte het van die toneel ontsnap. Lt.genL. LiziweNtshingaFoto: netwerk24“Om die rower vas te trek wat ontsnap het, is ’n 72-uur-aktiveringsplan ingestel.”Vir dié plan word beamptes van verskeie afdelings – onder meer misdaadintelligensie, forensiese experts, speurders en taktiese spanne – byeengebring om te verseker dat geen belangrike bewyse of intelligensie verlore raak nie, verduidelik Ki­nana. Op die toneel is op drie vuurwapens beslag gelê.“Die vuurwapens gaan nou gestuur word vir ballistiese toetse om vas te stel of dit in ander misdade elders gebruik is.”Daar was ’n paar klante in die bakkery toe die booswigte toegeslaan het.Hulle is van hul selfone en ander persoonlike items beroof. Al die gesteelde goedere is op die toneel teruggevind. Die beseerde polisie­man, konst. Dwane Kemp, het gistermiddag in ’n hospitaal aan sy wonde beswyk.Sake van poging tot moord, sakeroof en ’n geregtelike doodsondersoek is geopen. bakkery: Die polisie was gister lank op die toneel.“Ons doen ’n beroep op enige iemand met inligting oor die ontsnapte verdagte om na vore te kom. “Inligting kan by die nommer 08600 10111 aan Stop Misdaad deurgegee word of by enige polisiekantoor. “Alle inligting sal as streng vertroulik gehanteer word. Informante kan anoniem bly,” sê Kinana.Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, was geskok oor die gebeure. Gesluit“Aanvalle op polisie-lede word ten sterkste veroordeel. ’n Aanval op die polisie is ’n aanval op die land. “Daarom sal ons alles moontlik doen om die mense in hegtenis te neem wat vir sulke aanvalle ver­antwoordelik is.” Die bakkery was gister die res van die dag gesluit. Op die bakkery se Facebookblad is geskryf die personeel is almal­ fine, maar net baie erg getraumatiseer.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/bakkeryboewe-deeglik-gestop-20190121

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.