Ball gedrop met opgradering | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Ball gedrop met opgradering | Die Son

CLANWILLIAM. – Werk aan die plaaslike sportterrein het tot stilstand gekom.Almal wil nou weet wat van die geld geword het wat beskikbaar gestel is vir die opgradering van die veld.Die ligawedstryde van die Boland-rugbyunie begin eersdaags, maar nou sit die plaaslike rugbyspan sonder ’n tuisveld.Volgens ’n bestuurslid van die Delicious-rugbyklub staan die projek al langer as ’n jaar stil. Die bestuurslid, wat verkies om anoniem te bly, sê: “Ons rugbyspan moet ál ons tuiswedstryde op die plaas Zeekoeivlei – 15 km buite die dorp – gaan speel. “Dit is onnodige finansiële uitgawes vir die spelers, van wie baie werkloos is. Boonop moet die klub R800 betaal om die veld te gebruik. Ons navrae aan die burgemeester en die munisipale bestuurder val op dowe ore.”Die moedelose lid voeg by: “Niemand kan antwoorde gee nie. Ons word belieg. Oefen“Ons het verlede jaar gekwalifiseer vir die Top 12-kompetisie, maar sit sonder ’n tuisveld.”Toe Son die veld besoek, was dit duidelik die plaaslike rugby- en krieketspanne gaan nog baie lank wag om daar te speel.Pleks van spelers wat hard aan die oefen is, het Son beeste daar aangetref – rustig aan’t kuier.Tania Colyn, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van kulturele sake en sport, het bevestig daar is geld aan die Cederberg-munisipaliteit gegee om die sportveld op te gradeer.Colyn het gesê dié Municipal Infrastructure Grant-befondsing is reeds in die boekjaar 2016/17 oorhandig. Sy kon nie die presiese bedrag aan Son verskaf nie.Die woordvoerder het gesê nóg inligting moet direk vanaf die munisipaliteit verkry word.Nigel Merkur, woordvoerder vir die Cederberg-munisipaliteit in Clanwilliam, het teen druktyd nog nie op Son se navrae geantwoord nie.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.