Bantu back Baaise burgie | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DIE UDM gee die Baaise burgemeester, Mongameli Bobani, vir eers die voordeel van die twyfel wat ’n ondersoek na korrupsie betref.Sondag het die UDM-leier, Bantu Holomisa, Bobani se lawyer se brief op Twitter gepost.Hy het gesê Boba­ni se bank­rekening is ondersoek en niks verdags is gevind nie.In Oktober het die Valke Bobani se kantoor geraid om dokumente en rekenaars te konfiskeer. Volgens die affidavit van kapt. Henk Fourie van die Valke word beweer Bobani het van April 2014 tot Mei van Heerkos Projects 2015 altesaam R664 000 ontvang. Dié maatskappy word verbind met die IPTS-stelsel in Nelson Mandelabaai.Bantu HolomisaFoto: herman verwey/beeldHolomisa en Danie Gouws, Bobani se lawyer, het Sondag gesê Bobani het nie sodanige geld in sy persoonlike bankrekening ontvang nie.Gouws het in ’n brief aan Holomisa gesê die bewerings is ongegrond, on­bevestig en ongetoets. “Ons instruksie van ons kliënt is dat hierdie maatskappy in geen stadium geld in sy persoonlike bankrekening inbetaal het nie. “Ons kantore het insae gehad in Bobani se persoonlike bankrekeninge. Niks onbetaamliks is in dié opsig gesien nie,” lui die brief.IngehandigDanie GouwsFoto: deon ferreiraGouws het gesê hulle kantore het die senior aanklaer in die saak gekontak. Dié het na bewering bevestig Bobani is nie in hierdie stadium ’n verdagte in die ondersoek nie.Volgens Gouws is Bobani se persoonlike bankstate gister ingehandig vir forensiese ontleding deur ’n ge­oktrooieerde rekenmeester.Holomisa het getwiet die party sal eers kyk wat die Valke se ondersoek na die IPTS oplewer voordat hulle iets doen.“Die UDM sal slegs stappe doen as die nasionale vervolgingsgesag prima facie-bewyse vind wat Bobani by korrupsie betrek,” het hy gesê.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/bantu-back-baaise-burgie-20181105

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.