Bebloede lyk in bos gekry

Please log in or register to like posts.
News
Bebloede lyk in bos gekry

SY BEBLOEDE lyk het in die bosse in Gelvandale in die Baaise North­erns gelê.Die lewe van Chandré Adams (25) van Jackson­ville is vermoedelik Saterdagaand of Sondagoggend beëindig.Hy het in die bosse in die omgewing van Van Duurenstraat gelê. Sy tekkies en besittings was weg.Hy het vermoedelik kopbeserings opgedoen.GebelGisteroggend vroeg het Adams se ouers, Donovan Prince (45) en Chantelle Adams (43), die slegte tyding gekry.“Ek was by die huis toe my suster my gebel het met die nuus,” sê Prince, wat van Timothy Valley is.“Ek het dadelik hierheen gekom.”Chantelle, wat van Jacksonville is, sê met trane in haar oë: “Ek was op pad om te was toe ek die phone call gekry het.“My swaer het gesê hy’t slegte nuus: Chandré is dood.”Chandré was welbekend. Volgens sy ouers was hy lief vir sokker en het ’n vriendelike geaardheid gehad.“Hy was ons oudste seun en ons het hom goed grootgemaak. Hy het twee susters en ’n broer. Hulle was baie close,” verduidelik Prince.Chantelle sê: “What goes around, comes­ around.“Wie ook al dit aan my seun gedoen het, ek los dit in die Here se hande, want ek is ’n biddende vrou.”Besorgde bure het die geskokte ouers getroos terwyl hulle gewag het dat die mortuary-vên Chandré se lyk wegry.Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, het gistermiddag gesê daar is nog nie inligting oor sy dood nie.Dit is dus onduidelik wat die oorsaak van sy dood is.Dit sal eers bepaal kan word sodra ’n nadoodse ondersoek gedoen is.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.