Begroting: Rokers en drinkers loop deur

Please log in or register to like posts.
News
Begroting: Rokers en drinkers loop deur

DIE nasionale begroting was vanjaar ‘n hewige taak van balansering met min ruimte om te beweeg.Die minister van finansies, Tito Mboweni, het vandag sy eerste begrotingstoespraak in die nasionale parlement gelewer.Mboweni sê “die budget is in die beste belange van ons mense en ons land” en nie die doelwitte van enige politiese party nie.Hy sê dis ‘n moeilike tyd vir die land se ekonomie.Die voormalige goewerneur van die Reserwebank sê ons het die karaktertrekke van ’n aalwynplant, wat hy omhoog gehou het, nodig om in dié tyd te oorleef.Mboweni sê die plant is veerkragtig, stewig en droogtebestand. Hy het self Psalm 23 aangehaal: “Al gaan ons deur ’n daal van doodskaduwee, sal ons geen onheil vrees nie.“Want U stok en u staf, die vertroos ons.”Mboweni, soos baie van sy voorgangers, het nie die usual suspects gespaar nie.Hy sê ’n blikkie bier sal met 12c toeneem, ’n bottel wyn met 22c terwyl sparkling wine met 84c vanaf April sal styg.’n Bottel whiskey sal met R4,54 opgaan en ’n pakkie sigarette sal na verwagting R16,66 weens ’n verhoging van R1,14 per 20’s.Mboweni het verder slegte nuus vir motoriste bekendgemaak.Hy sê die petrolheffing sal in April ’n prysverhoging van 29c veroorsaak en die verkoopprys van diesel sal met 30c weens dieselfde rede styg.Met beurtkrag nog sterk in inwoners se geheue, het Mboweni gesê die sukkelende kragverskaffer, Eskom, sal R69-miljard oor die volgende drie jaar van die regering ontvang.Dis R23 miljard per jaar met sekere voorwaardes.Mboweni hou egter vol dat die nasionale tesourie nie Eskom se skuld sal oorneem nie.Daar is die afgelope paar weke bespiegel dat Eskom in April bankrot sou speel as hy nie finansiële ondersteuning kry. Die goeie nuus is dat Sassa-toelae weer vanjaar sal styg.Bejaardes, gestremdes en oorlogsveterane kan vanaf April R80 meer in hul pays verwag.Pleegsorg sal R1000 wees met ’n R40 verhoging en child support grant sal na R420 opstyg in April en na R430 in Oktober.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.