Bejaardes op plaas hostage gehou

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

’N VERDAGTE in ’n plaasaanval is doodgeskiet en nog twee gearresteer ná ’n wilde jaagtog en skietery gisteroggend in Motherwell.Die voorval het gekom enkele ure nadat twee bejaarde vroue op hul plaas, Ou Plaas, in Alexandria beroof is.Die rooftog het 02:30 plaasgevind en die vroue (72 en 76) is daarna twee ure as gyselaar aangehou.Kapt. André Beetge, ’n polisiewoordvoerder, sê die drie verdagtes, gewapen met messe, het ’n venster van die plaashuis se waskamer stukkend geslaan om in te kom.“Die mans het na die slaap­kamers gegaan en die twee vroue wakker gemaak.“Die vroue is gedreig, uit die bed gedwing en met cable ties aan stoele vasgemaak.“Daarna het die verdagtes die huis deursoek en die kluis se sleutels gekry.“Hulle het geld in die kluis, ’n .38-rewolwer en die slagoffers se Isuzu-bakkie gesteel.”Omstreeks 04:30 is die drie verdagtes toe daar weg.Maar kwalik meer as ’n uur daarna het die polisie in die Baai die slagoffers se Isuzu-bakkie naby die Monument-kruising op die Addo-pad in die rigting van Motherwell sien ry.VasgejaagDie polisie het die bakkie agternagesit.Die verdagtes het in Siqwane-straat ingedraai en toe in ’n doodloopstraat tot stilstand gekom nadat hulle byna in ’n huis se muur vasgejaag het.Die 35-jarige bestuurder van die bakkie is doodgeskiet toe hy uit die bakkie geklim en die polisie met ’n speelgoedgeweer gedreig het.Die ander twee mans (37 en 50) is gearresteer.Beetge sê hulle was gister nog onseker hoeveel skote afgevuur is.Die twee mans sal môre in die landdroshof in Alexandria verskyn.Die twee vroue het net ligte beserings opgedoen en is vir skok behandel.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/bejaardes-op-plaas-hostage-gehou-20190129

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.