Beker-bonker wag nog | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Beker-bonker wag nog | Die Son

UITSPRAAK word voorbehou in die appèl teen die vonnis in die aanrandingsaak teen die Baaise ANC-raadslid Andile Lungisa.Die appèlsaak is Woensdag in die hooggeregshof in Ma­khanda (Grahamstad) aangehoor. Die datum van die uitspraak moet nog bevestig word.Regter Morné Cannon het Lungisa reeds laas jaar in die Baaise landdroshof skuldig bevind aan aanranding met die doel om ernstig te beseer.Dít was nadat Lungisa ’n waterbeker teen die DA-raadslid Rano Kayser se kop gebreek het toe ’n bakleiery op 27 Oktober 2016 in die raadsaal uitgebreek het.IngeligLungisa is gevonnis tot drie jaar tronkstraf, waarvan een jaar opgeskort is. Tsepo Ndwalaza, ’n woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het bevestig die saak is Woensdag in die hooggeregshof in Ma­khanda aangehoor.“Ons kan ook bevestig dat die uitspraak in dié saak voorbehou word. Ons sal ingelig word wanneer die uitspraak gelewer sal word.”Lungisa was nie beskikbaar om kommentaar te lewer nie.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.