Bekgeveg in EFF kring uit

Please log in or register to like posts.
News
Bekgeveg in EFF kring uit

DIE EFF-raadslid Xolani Cekiso, wat dié party uitgekryt het as leuenaars en diewe, het dit glo gedoen om klagte teen homself te probeer toesmeer.Só sê die Wes-Kaapse EFF-voorsitter, Melikhaya Xego.Cekiso het Donderdag op ’n volle raadsvergadering van die Stad Kaapstad dramaties sy bedanking uit die EFF aangekondig.Cekiso, ’n proporsionele raadslid van Du Noon in Milnerton, het gesê: “Die EFF is ’n klomp leuenaars en diewe.”Xego meen egter Cekiso het weens suur druiwe bedank.Xego sê die party was in die proses om ernstige klagte teen Cekiso te ondersoek.“Die bewering is dat Cekiso die inwoners se geld, sowat R80 000, gevat het.“Die geld sou gebruik word vir regskoste in gevalle waar plakkers moet hof loop nadat hulle ’n stuk grond beset het.“Ons het klagtes gekry dat Cekiso met dié geld verdwyn het Oos-Kaap toe. Ons pogings sedert Augustus om hom te kry om op dié klagtes te reageer, was onsuksesvol, want hy bly nou in die Oos-Kaap, al is hy ’n raadslid in Du Noon.“Dan is daar nog bewerings dat hy mense aangehits het om die biblioteek gedurende ’n diensleweringsbetoging aan die brand te steek.“Hy was ook glo teenwoordig toe betogers ’n ANC-raadslid se huis aan die brand gesteek het.“Ons sê nie hy het ál dié dinge gedoen nie, maar ons sukkel al maande lank om hom te kry om daarop te reageer.“Donderdag het hy spesiaal Kaap toe gekom om op die raadsvergadering daai bewerings, sonder enige bewyse, teen die EFF te maak en om te bedank.”Son het Cekiso verskeie kere gekontak om op die bewerings te reageer, maar hy antwoord nie sy foon nie.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.