Beloofde huise is nog net ’n droom

Please log in or register to like posts.
News
Beloofde huise is nog net ’n droom

Fester: Rassespanning broei in Blikkiesdorp.Foto: jonathan lestradeNOG twee gesinne van Blikkiesdorp moes vir hulle lewe vlug.Hulle vertel hulle is gedreig hulle hokkies gaan afgebrand word as hulle nie padgee uit Blikkiesdorp nie.Ettienne Claasen van die Blikkiesdorp Joint Committee beweer die mans wat die gesinne gedreig het, het die bendes in die plek ingebring. Die gesinne bly intussen in Mitchells Plain by vriende en familie.’n Omgekrapte Claasen sê: “Ons gaan van volgende week af buite die burgemeester se kantoor betoog.“Ons woon nou al drie weke by die Metodistekerk.“Dis nie ’n plek vir kinders om te bly nie. “Hier is 19 grootmense en 17 kinders, van wie twee babas van onderskeidelik vyf en ses maande oud is.”Volgens Claasen het die Stad Kaapstad die ontwortelde gesinne vier opsies gegee waar hulle nou kan gaan woon.Hulle kan onder meer na die Mossienes of Vlakteplaas in die Strand gaan. ’n Ander opsie is om terug te trek na Blikkiesdorp, waar hulle lewe in gevaar is.Die laaste opsie is om die fire- starter pack te aanvaar en vir hulle hokkies in ander mense of hulle familie se jaart te gaan opslaan.Volgens Alison Tilley van die veldtog Right2Know het hulle by die Kaapstadse hooggeregshof ’n hofbevel teen die Stad Kaapstad aangevra.Hulle wil hê die Stad moet behuising verskaf aan hierdie families wat vir hulle veiligheid moes vlug.Tilley het gesê: “Die hofbevel wat in 2009 uitgereik is, is steeds van krag. “Dit is die Stad Kaapstad se verantwoordelikheid om aan hierdie families herberg te gee.”EARLY DAYS: Brett Herron sê die nuwe wooneenhede is nog in die beplanningsfase.Foto: peter abrahamsVolgens Brett Herron, burgemeesterskomiteelid vir stede­like ontwikkeling en vervoer, is die Stad nog besig met beplanning en ’n omgewingsimpakstudie vir Breaking New Ground. Dié nuwe behuisingsontwikkeling word langs Symphony Way.* Herron se kommentaar was voor sy bedanking Donderdagmiddag.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply