Bendes skiet uit | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Bendes skiet uit | Die Son

WOENSDAGAAND is ’n painter doodgeskiet en ’n laitie gewond – en nie een van die twee het iets met bendes te doen gehad nie. Die 46-jarige Raganudeen January is Woensdag om en by 19:20 op die hoek van Boekenhout Crescent en Figtree Close in East­ridge, Mitchells Plain, in die kop geskiet. Die voorval het naby die moskee plaasgevind.Volgens January se hartseer suster, Mymoena Whisgary, was hy op pad na sy 18-jarige dogter met klere en boeke.Whisgary sê: “Twee jongens het verby hom geloop. “Hulle het omgedraai en hom van agter af in die kop geskiet.“Hy was ’n vredeliewende mens en nie ’n gangster nie.“Ek kan nou nog nie glo hy is dood nie. Hy het nog gisteraand (Dinsdagaand) by my geëet en 20 minute later kry ek die tyding hy is dood.”January word vandag volgens die Moslemgeloof begrawe.In ’n ander voorval Woensdagmiddag in East­ridge is ’n 14-jarige laitie raak geskiet.Die tiener het omstreeks 15:30 in Zebra Crescent in die bendes se kruisvuur beland.Die gewonde seun is na die hospitaal geneem. Hy is in ’n ernstige toestand.LeidradeIn Wesbank is ’n vermeende gangster gister in ’n bendeskietery gewond.VERWYDER: ’n Verslae man kyk toe terwyl January se lyk in die morgue van gelaai word. Foto’s: LEON KNIPE Die voorval het omstreeks 11:30 in Saxenburgstraat gebeur. Die 35-jarige vermeende dikding van die 26’s is na die hospitaal geneem.Volgens sers. Noloyiso Rwexana, ’n woordvoerder van die polisie, volg hulle nog leidrade op. Niemand is al vir die onderskeie skietvoorvalle in hegtenis geneem nie.’n Saak van moord en twee van poging tot moord is geopen.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply