Beserings wys sy is gedwing

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

VOLGENS die kenner wat ’n onder­wyseres ná haar verkragting ondersoek het, was haar beserings consistent met gedwonge­ vaginale toegang­.Dr. Tony Moodley het Vrydag in die Baaise hoog­geregshof getuig in die verhoor van Donovan Heugh en ’n minderjarige seun. Albei is van Helenvale.Heugh (25) en die seun ontken skuld op onder meer twee rape-klagte.Die onderwyseres is op 17 Julie verlede jaar in bosse naby die Gelvan-sportgrond verkrag.Moodley het getuig die klaagster was gespanne en getraumatiseer terwyl hy haar ondersoek het.Daar was bruising aan haar geslagsdele en dit was rooi, geswel en teer. Sy het ’n geel afskeiding gehad en ’n bietjie gebloei.Moodley het gevolglik bevind daar was gedwonge vaginale toegang.Hy het verduidelik as dit consensual seks was, sou sy nie sulke beserings gehad het nie. Die beserings dui op ’n mate van weerstand, het die dokter verduidelik.Volgens hom was die penis misdirected en het dit skade aan die weefsel veroorsaak. Moodley het gesê volgens wat hy kon vasstel, het die klaagster vier jaar tevore laas consensual seks gehad.In kruisondervraging deur adv. Deon Erasmus, vir Heugh, het Moodley getuig in rowwe consensual seks sal daar ekstra lubrication wees en sal daar dus nie beserings aan die vagina wees nie.Konst. Jason Kivido het ook getuig. Hy en kollegas was op 17 Julie 2017 omstreeks 20:00 besig met patrolliewerk toe hulle ’n tip-off kry van ’n suspect by ’n huis in Fitchardstraat.Volgens radiobeheer het die verdagte ’n rooi T-shirt, bruin leerbaadjie en blou jeans aangehad.VoorgestelKivido het gesê hulle het agterom die huis beweeg en geluide en ’n gevroetel vanuit die buitetoilet gehoor.Volgens hom het Heugh en nog twee mans uit die toilet gekom. “Een van die drie mans het die klere­beskrywing gematch.” Kivido het getuig Heugh het ’n rooi backpack by hom gehad. Volgens hom het Heugh hom voorgestel as ene Leroy, waarna Heugh vir ’n ID-parade na die Gelvandale-polisiestasie toe gevat is. Erasmus het gesê sy kliënt­ ontken dat hy daardie aand ’n T-shirt aangehad het, want dit was warm in die toilet waar hulle gerook het. Hy ontken ook dat hy ’n rooi backpack in sy hand gehad en ’n verkeerde naam aan die cops gegee het.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/beserings-wys-sy-is-gedwing-20181111

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.