Bestie vry haar man af

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

Liewe Antie MonaMY BESTE vriendin en ek kom al jare aan.Deur dik en dun het ek by haar gestaan.Toe haar man gejol het, was ek die een wat haar getroos en haar trane afgedroog het.Ons is al vanaf ons hoërskooldae close, Antie.Ons ken mekaar se ins en outs.Nou moes ek tot my skok agterkom dat sy en my man al jare lank ’n ding aan het. Agter my rug.Ek was só geskok toe my vriendin my daarvan vertel. Sy sê sy kon net nie meer langer stilbly nie.Sy het gehuil toe sy my vertel, maar ek kon net daar sit.Sy sê sy is lief vir my man. Hulle is lief vir mekaar.My man was ’n tyd lank werkloos en wanneer ek my alleen vir my gesin gaan afsloof het, het hulle twee seks gehad. In ons bed.Antie, ek is só kwaad, dit voel asof ek hulle albei kan gif injaag.My man het nie eens try stry toe ek hom konfronteer nie. Hy het alles erken.Volgens hom is ek altyd moeg en het nie tyd vir hom nie.Ek was moeg, ja. Ek was dan ál een wat die pot aan die kook moes hou.Maar pleks van uitgaan en werk soek, het hy met my beste vriendin gehoer.Ek het my man uit die huis gejaag. Ek weet nie eens waar die ding bly nie.Ek praat ook nie meer met my vriendin nie en ignoreer die boodskappe wat sy my op WhatsApp stuur.Ek hoor sy en haar man is steeds saam, maar dan hoor ek weer ander mense sien haar en my man in die mall rondloop­.Ek kan nie glo hulle het dit aan my gedoen nie. – Platgeslaan, WhatsAppAi, vrou! Antie se hart bloei vir jou. Dit moes natuurlik ’n helse groot skok gewees het.Só iets is die laaste wat enige vrou sal verwag.Hierdie
vrou was nog nooit jou vriendin nie. Enige vrou wat ’n ander met ’n
smile in die rug kan steek – vir jare – is van die duiwel af.Laat sy in haar dinges kruip, want jy het haar beslis nie nodig nie.Wat jou man betref, sal jy moet besluit of jy nog kans sien vir hierdie huwelik en sy verraad.Jy sien dan nou dat hulle nog voortgaan met hul dinge en geen vel oor hul gesigte het nie.Niemand kan van jou expect om in ’n huwelik te bly waar jou man niks respek het vir die vows wat julle afgelê het nie.Jy deserve geluk, nie ’n hoer van ’n man en vriendin nie.

https://www.son.co.za/naughty-corner/Antiemona/bestie-vry-haar-man-af-20190209

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.