Betaal fines nét by departement

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

BETAAL jou verkeersboetes direk by die verkeersdepartement, of dra die gevolge.Die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit waarsku motoriste verder om nooit verkeersboetes deur derde partye te betaal nie.Warren Prins, die Metro se direkteur van verkeer en lisensiëring, sê die munisipaliteit het nog nooit ’n maatskappy aangestel om die betaling van verkeersboetes namens hom te hanteer nie. Motoriste wat reeds boetes op dié manier betaal het, word steeds aanspreeklik gehou vir die volle bedrag van die boete.“Illegitimate transaksies en afslae sal nie erken word nie,” sê Prins.Kupido Baron, ’n munisipale woordvoerder, sê verteenwoordigers van sommige van dié companies is so brazen dat hulle blykbaar al in die parkeerarea van die verkeersdepartement rondstaan om mense na hulle geboue te redirect vir betaling.“Ons verstaan dié companies gebruik beloftes van afslag en amnestie om die motoriste van die departement weg te lok. Moenie hierdeur mislei word nie.”Baron sê motoriste kan by die munisipale verkeershof se aanklaer in Sidwell aanklop vir ’n afslag van tot 30%.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/betaal-fines-net-by-departement-20181220

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.