Betalings aan Bobani in kollig

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N VOTE of no con­fidence­ in die Baaise mayor, Mongameli Bobani­. Dít kom nadat die Valke in ’n ondersoek bevind het daar is oor ’n tydperk van ’n jaar sewe betalings van altesaam R664 000 in Bobani­ se rekening gemaak.Die transaksies is tussen April 2014 en Mei 2015 gemaak. Daar word beweer dié geld was eintlik bedoel vir die IPTS-busstelsel. Die Valke het vroeër dié maand by Bobani se kantoor by die stadsaal opgedaag. Beslag is toe gelê op rekenaars en dokumente uit verskeie kantore. In ’n affidavit van kapt. Henk Fourie van die Valke word verwys na ’n “korrupte verhouding” tussen Bobani en die sakeman Fareed Fakir. Luidens die affidavit het Fakir se maatskappye baat gevind by multi-miljoenrand-kontrakte – die regte tenderprosesse is glo nie met die meeste van dié kontrakte gevolg nie. Werk saamBobani was in dié tyd ’n PR-raadslid vir die UDM. Danie Gouws, Bobani se lawyer, hou egter vol Bobani is nie ’n verdagte nie en werk saam met die owerhede. Gouws het aan The Herald gesê in ’n ondersoek van dié aard word die skuldiges en die onskuldiges bekyk. “Daar is sekere issues in die munisipaliteit wat al jare lank ondersoek word en in die stadium beteken dit nie iemand is ’n verdagte net omdat die Valke met ’n persoon praat nie.” Bantu Holomisa, nasio­nale UDM-leier, het gister op Twitter gesê hy het met Bobani hieroor gepraat en Bobani ontken alle bewerings teen hom. Nqaba Bhanga, DA-leier in die Oos-Kaap, meen dié is als meer as genoeg gronde vir ’n mosie van wantroue in Bobani­. “Die finansiële stabiliteit van Nelson Mandelabaai word nou bedreig nadat Bobani en sy ANC- geleide koalisie van korrupsie oorgeneem het. “Finansiële wanbestuur en die onlangse binnegevegte en implosion van die ANC in die Metro sal ’n direkte finansiële impak hê op die stad se inwoners en ekonomie. “Onder die DA-beheerde koalisieregering was die Metro se collection rate vir Julie vanjaar 98,8%. En onder Bobani se koalisie vir korrupsie, wat bestaan uit die UDM, ANC en EFF, was die collection rate in September maar 78,7%.”Bhanga sê as dié trend voortgaan, gaan die stad aan die einde van die boekjaar met ’n inkomste-shortfall van R500 miljoen sit. Nqaba BhangaDie DA glo dié drastiese afname in invordering is weens die feit dat die stad die afgelope twee maande geen munisipale rekenings uitgestuur het nie. “Ondanks dit word inwoners rente gevra vir laat betalings en in sekere gevalle selfs reconnection fees waar inwoners se krag afgesny is weens laat betalings.”Bhanga beplan om op Vrydag se raadsvergadering ’n dringende mosie ter tafel te lê om te vra dat die stadsbestuurder sal verseker dat rente op uitstaande rekenings afgeskryf sal word. Kapt. Anelisa Feni, Valke-woordvoerder, wou gister nie kommentaar lewer nie en sê net: “Die saak word tans nog ondersoek.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/betalings-aan-bobani-in-kollig-20181029

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.