Beurtkrag: ‘Dit volg jou waar jy gaan’

Please log in or register to like posts.
News
Beurtkrag: ‘Dit volg jou waar jy gaan’

SON het met ’n paar mense gesels oor load shedding.Aghmat Jacobs (49) van Heideveld sê: “As ek huis toe kom, is daar nie kos nie. Daar is ook nie warm water om te stort nie.“Ek neem vroeg soggens taxi, dan is die robots af en dit kan gevaarlik wees.”Deon Crouch (47) van Factreton sê: “Ek weet nie juis waarom die krag afgaan nie, want niemand vertel ons die presiese waarheid nie. Jou TV of laptop kan blaas. Moeg“Wat gaan gebeur as daar noodgevalle is en die krag slaan af?”Die 42-jarige Zane Sage van Beacon Valley sê: “Ek kom moeg gewerk huis toe, dan is die krag f*kk*n af.“My vrou is dan moeilik. “Ek weet nie regtig waarom die krag drie maal ’n dag moet afslaan nie, want die krag raak dan al hoe duurder.“Dis alles Jacob Zuma se skuld dat Eskom bankrot is.“Daai Zuma-man hoort agter tralies.”Lorenzo Claassen (26) van Beacon Valley: “Daar is niks verkeerd met die land nie, dis die regering wat ’n probleem is.“Ek dink Eskom kort R69 miljard, as ek reg is.“Hulle het nie geld om die kragstasies aan die gang te hou nie, want die geld is gesteel.”Dlamini Nkosi (25) van Langa sê: “Almal is net miserable. Niemand weet presies wat aan die gang is nie.“Die regering kom ook nie vorendag met ’n bright idea nie. Ons weet nie wanneer dit eindelik gaan ophou nie.”Damien Lieberberg (23) van Kuilsrivier sê: “Load shedding is op verskillende tye in verskillende areas en as jy van een plek na ’n ander reis, volg dit jou.“President Cyril Rama­phosa sit nou met die groot gemors wat die vorige president agtergelos het.”

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.