Beurtkrag eis eerste victim | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

WELLINGTON. – ’n Bedroefde familie glo ’n geliefde het haar lewe weens Eskom se load shedding verloor.Leonie Pietersen (31) het Dinsdag in die oggendure in ’n vlammehel gesterf toe die dak van die hokkie waarin sy gebly het, vlamgevat en op haar neergetuimel het.Haar kêrel, Reagan Diedericks, en hul dogtertjie, Leogan (7), het erge brandwonde in die tragedie opgedoen en is tans in die hos­pitaal.’n Hartseer Michelline van der Westhuizen sê die gebeure sal altyd by haar spook.“Ek kan nie in die donker slaap nie en dit was so oor een die oggend toe ek die krag hoor afslaan weens load shedding.“Ons hoor toe net ’n sjjj-geluid en toe my man gaan kyk wat aangaan, het hy teruggehardloop gekom en gesê daar is ’n brand.”Die huiseienaar, Randall Diedericks, sê hulle het na buite gestorm om Leonie en haar gesin te gaan probeer help.“Leonie-hulle was op pad na buite toe die dak op hulle val. Reagan kon onder die brandende dak afseil, maar Leonie nie. “Ons het ’n venster gebreek, maar die vlamme was te erg. Leonie het geskree en toe raak sy stil.Blyplek“Ek kan nie beskryf hoe ek tans voel nie. Ons het ál ons besittings verloor, maar dis niks in vergelyking met die lewensverlies nie.“Leonie was soos ’n eie kind vir my en dit was nie lekker om haar so te sien sterf nie.”Wolfbergstraat se inwoners het hulle intussen oor die familie ontferm en tydelik blyplek aangebied.Selfs die Diederickse se voertuig is in die brand verwoes.Leogan word tans in die Paarl-hospitaal behandel vir 15%-brandwonde aan haar arms en bene.“Ál die vleis aan Reagan se rug het verbrand en sy kop is tans erg geswel,” het sy ma, Nerine, vertel.Eskom het teen druktyd nie op Son op Sondag se navraag oor die tragedie gereageer nie.Lesers wat die gesin wil help, kan die gemeenskapswerker Charles Buys bel by 078 283 6218.

https://www.son.co.za/Son-Op-Sondag/Nuus/Wes-Kaap/beurtkrag-eis-eerste-victim-20190323

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.