Beurtkrag: Munisipaliteit probeer plan B instel

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE Metro kyk volgens Andile Lungisa na ander energie­bronne oor Eskom so vrot is. Lungisa is die mayco-lid vir infrastruktuur en ingenieurswese. Hy sê die munisipaliteit kan nie meer net op Eskom staatmaak nie. Hulle oorweeg dit om krag te kry uit byvoorbeeld sonpanele en vullis wat in energie omskep word.Hoewel beurtkrag baie mense raak, loop nie almal deur nie. Bernhardt Lamour, uitvoerende direkteur van elektrisiteit en energie in die Metro, verduidelik: “Ons moet die veiligheid van die mense en die omgewing in ag neem, asook die sosiale en ekonomiese impak en die tegniese beperkings.”Dit is waarom plekke soos hospitale, riool- en waterstelsels, tronke, raffinaderye en myne nie onder beurtkrag gebuk gaan nie.ToegepasAnder afdelings wat dit kan vryspring, sluit in openbare vervoerstelsels, water­pompe, die infrastruktuur vir tele­kommunikasie, steenkool­myne en verkeersligte.Volgens Lamour kan beurtkrag tans in vier fases toegepas word. Hy waarsku mense moet hulle gereedmaak vir fases vyf tot ag.Soos die meeste mense seker al weet, bou elke fase voort op die vorige een. Beurtkrag kan dus langer aanhou of meer gereeld voorkom. Die ag-dag-skedule vir beurtkrag word elke ses maande review.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/beurtkrag-munisipaliteit-probeer-plan-b-instel-20181210

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.