Big Wave rol in | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Big Wave rol in | Die Son

WAYDE Breyton Solomons, a.k.a. Big Wave, se eerste CD word binnekort uitgereik.En dié gr. 9- leerder van die Hoërskool Apex in Forest Village, Eerste­rivier, is nog net 14.Hy is die wenner van ’n talentkompetisie wat onlangs gehou is. Be­newens die eerste prys het Wayde ook kontant gewen.Sy vriende bestempel hom as ’n rap- en sangsensasie en meen hy gaan nog groot naam maak.Hulle sê hy wen al wat ’n plaaslike talent­ show is.Wayde vertel: “Ek skryf my eie musiek en het my eie beat. My musiek gaan oor die lewe.“Ek het net ’n ma en sy is werkloos. Ek wil eendag graag bo uitkom en ’n groot huis vir haar koop.”GloWayde se ma, Janine, sê trots: “Hy is anders as die klein seuntjies hier; hulle is by drugs en bendes betrokke.“Baie ander seuns rook sigarette en jol met meide en bunk skool.“Ek glo soveel in my seun se talent dat ons ’n sponsor soek om hom te help om sy droom te verwesenlik.Sy spog ’n bietjie: “Hy het ook ’n diploma in wiskunde ontvang.”Wayde kan gekontak word by janine.solomons @magsathome.co.za.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.