Bloed aan sy hand | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N VERMEENDE killer moes gister die bloed aan sy hand en sweetpakbroek aan die hof please explain.Sinethemba Mfihlo (23) word saam met Khawulelani Gqunta (19) en Jean-Claude Uithaler (25) van Quinton David Wil­liams (44) se marteldood op 14 Junie 2014 aangekla.Williams was ’n bewaarder by die St. Albans-gevangenis.Volgens Mfihlo is hy op 21 April 2015 in hegtenis geneem. Hy word sedertdien aangehou in die medium A-afdeling van die St. Albans-gevangenis.Mfihlo het gister getuig hy’t die aand van 13 Junie 2014 by Uithaler se niggie Nella gekuier.Volgens hom het Uithaler daar aangekom en hom en Nella saam na Zola’s Tavern genooi.Sinethemba Mfihlo Foto’s: THEO JEPTHAHy sê by die tavern het hulle gesit en dop steek.Volgens hom is hy later alleen terug na Nella se huis, waar hy op die couch aan die slaap geraak het.Hy sê die next oggend toe hy wakker word, toe sien hy ’n klomp meisies aan die onderkant van die straat saamdrom.Mfihlo sê hy het toe ’n ompad gevat na waar die mense so staan. Hy sê toe hy daar aankom, toe sien hy ’n persoon wat met ’n kombers toegegooi is.Volgens hom het hy gaan kyk waar die lyk lê omdat hy wou sien wie daar lê.Mfihlo sê hy is later terug huis toe om te gaan bad.Hy sê toe hy sy tekkie uittrek, het hy bloed op sy hand gemerk. Volgens hom was die bloed aan die sool van sy tekkie.Mfihlo sê dis tóé dat hy sy hand aan sy sweetpakbroek afgevee het.Jean-Claude Uithaler Op ’n vraag deur adv. Garth Baartman, staatsaanklaer, hoekom Mfihlo dan nie eerder sy hande gewas het nie, het hy geantwoord sy klere was anyway vuil en sou gewas word.Toe Baartman hom daarop wys dat die bloedbesmeerde broek vier dae later nog nie gewas was nie, het Mfihlo gesê die broek was in die wasgoedmandjie en sou nog gewas word. Mfihlo het getuig die bloed wat op sy linkerhand beland het, was voor aan sy vingers.Volgens hom kan hy nie onthou hoeveel vingers met bloed besmeer was nie.Hy sê die bloed aan die onderkant van sy broek het daar beland toe hy op pad terug huis toe sy skoen se hakskeen op die gras geskuur het om van die bloed ontslae te raak. UitgewysVolgens Mfihlo kan hy nie onthou watter klere Uit­haler die aand by Zola’s aangehad het nie. Hy sê hy het geen kledingstukke wat Uithaler die aand by die tavern aangehad het, aan die polisie uitgewys nie. Die saak dien voor regter Irma Schoeman.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/bloed-aan-sy-hand-20190313

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.