Bobani bly Baai se baas

Please log in or register to like posts.
Nuus
Bobani bly Baai se baas

Update
Port Elizabeth

DIE DA se dringende hofaansoek om die uitslag van ‘n mosie van wantroue in die Nelson Mandelabaai om te keer, het misluk.Athol Trollip, die voormalige burgemeester, en die speaker, Jonathan Lawack, is met mosies verwyder.Met die DA se mislukte aansoek, bly Mongameli Bobani van die UDM dus aan as nuwe burgemeester.Lawack en Trollip se kop het gerol toe Mbulelo Manyati van die DA besluit het om sy stem te weerhou.Hy is onmiddellik ná die suksesvolle mosie van wantroue in Lawack deur die DA afgedank. Die DA en sy koalisievennote het daarna toe uitgestap.Regter Elna Revelas sê egter in haar uitspraak Manyati was steeds ‘n raadslid totdat hy bedank.In reaksie op die uitspraak Nqaba Bhanga, provinsiale leier van die DA, hulle respekteer die hofuitspraak.”Ons het verloor oor een van ons eie die party betray het en ons sal nou huis skoonmaak.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/bobani-bly-baai-se-baas-20180920

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.