Bobani in ACDP se visier

Please log in or register to like posts.
News
Bobani in ACDP se visier

DIE burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro, Mongameli Bobani, word tans gedreig met nóg ’n straf­regtelike klag.Eers was dit die DA en nou is dit die ACDP wat beweer daar is politieke inmenging in die munisipale administrasie.Die DA het verlede maand ook ’n strafregtelike klag teen Bobani aanhangig gemaak. Dit was om dieselfde rede.Lance Grootboom, ’n ACDP-raadslid, meen dis gelykstaande aan politieke inmenging dat Bobani die nuwe waarnemende stadsbestuurder, Peter Neilson, aansê om ál die geskorste personeel weer aan te stel.Dié personeel word almal beskuldig van onder meer korrupsie en pligsversuim.Grootboom sê: “Kragtens artikel 119 van die Wet op Plaaslike Regerings: Munisipale Stelsels, is ’n raadslid wat poog om die stads­bestuurder of enige ander personeellid van die munisipaliteit te beïnvloed om nie ’n verpligting uit te voer nie, skuldig aan ’n oor­treding.“Dis duidelik dat Bo­bani inmeng in die admini­stratiewe dissipli­nêre prosesse wat steeds hangend is.”Bobani was nog die adjunk­burgemeester en burgemeesterskomiteelid vir openbare gesondheid toe dissiplinêre klagte teen sommige van die ampte­nare gemaak is.Grootboom sê dit lyk asof Bobani en die koalisie – bestaande uit die ANC, EFF, UF en AIC – korrupte amptenare beskerm.Dít, sê Grootboom, doen hulle deur te verseker die sake teen hulle word teruggetrek sodat hulle kan voortgaan om die publiek se geld te plunder.Neilson is die derde waarnemende stadsbestuurder in drie maande.Mongameli BobaniFoto’s: DEON FERREIRADaaroor sê Grootboom: “ ’n Mens kan nie help om te wonder hoekom die waarnemende munisipale bestuurders nie hou nie. Dit kan net wees omdat die koalisie onwettig inmeng in die administrasie deur oormatige druk op die waar­nemende stads­bestuurders te plaas.”Die ACDP sê hy gaan nie net hande gevou sit en toekyk dat die UDM, ANC, EFF, UF en AIC voortgaan om die Metro te vernietig deur beamptes wat met korrupsie verbind word, weer aan te stel nie.Grootboom sê dié kwessies sal by die nasionale tesourie aangemeld word sodat hy Bobani-hulle se optrede kan ondersoek.Hy meen ook die opheffing van die skorsing van sekere ampte­nare sal die huidige forensiese­ on­der­soeke en hofsake be­nadeel.Bobani ontken ten sterkste dat hy enigiets verkeerds gedoen het en sê: “Ek is nie verantwoordbaar aan die ACDP nie, maar aan die inwoners van die Metro.“Ek is en was nie korrup nie. Die Valke het nooit my kantoor geraid nie en ek is nie ’n verdagte nie en word nie by iets (weder­regteliks) betrek nie.”

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.