Bobani is die regte mayor

Please log in or register to like posts.
Nuus
Bobani is die regte mayor

Update
Port Elizabeth

MONGAMELI Bobani van die UDM is die Nelson Mandelabaai se regmatige burgemeester.Ná ’n week se gewag, is Baaienaars eindelik seker wie hulle leier is.Regter Elna Revelas het gister in die Baaise hooggeregshof bevind dat die DA-koalisie, wat Cope en ACDP insluit, se hofaansoek onsuksesvol was.Dié koalisie het ’n paar weke gelede ’n hofaansoek ingedien om ’n mosie van wantroue teen die voormalige burgemeester Athol Trollip nietig te verklaar.In die raadsvergadering van 27 Augustus 2018 is Jonathan Lawack, die speaker in daardie stadium, en die hoofsweep, Werner Senekal, ook uitgestem.Lede van die DA, sowel as die stadsbestuurder, Johann Mettler, het toe reeds die raadsaal verlaat.Die ANC-koalisie, wat die UF, AIC, UDM en EFF insluit, se regspan het verlede week in die hof geargumenteer dat daar, saam met Mbulelo Manyati, wel ’n kworum bereik is in die raadsvergadering.Manyati, ’n raadslid wat teen die DA gedraai het, het daai dag by die raadsvergadering saam met lede van die ANC-koalisie in die raadsaal agtergebly. Dit wil sê daar was 61 raadslede.Die DA-koalisie se regspan het verlede week in die hof gesê dat Mettler die hele tyd beskikbaar en in sy kantoor was tydens die raadsvergadering.Die ANC-koalisie se regspan het in die hof gesê dat Mettler homself onbeskikbaar gemaak het.Revelas het beslis dat Manyati steeds ’n DA-lid is totdat hy bedank. Sy het ook gesê die DA-koalisie moet die respondente se regskoste betaal. Trollip is nie te happy oor die beslissing nie. “Ons is teleurgesteld dat die regter haar besluit gebaseer het op ’n tegniese punt rondom Manyati se lidmaatskap. victorY: Mongameli Bobani en sy aanhangers jubel en juig gister buite die Baaise hooggeregshof.Foto’s: deon ferreira“Nietemin respekteer ons die beslissing van die hof en sal ons onsself herfokus en doen wat ons kan om ’n volkome meerderheid in die toekoms te wen. “Ons het oor baie jare in die stad en oor die land heen bewys dat ons die beste opposisie is,” sê Trollip.Hy voeg by dat hy 22 van sy 24 jaar in die openbare kantoor in opposisie was.Bobani sê ná die hofsaak: “Dit is ’n victory vir die inwoners van die Nelson Mandelabaai. Ons het geweet dat ons ’n baie sterk saak het. “Daar het niks verkeerds op 27 Augustus gebeur nie. Ons het alles volgens die boek gedoen. “Ons het geweet die DA het nie enige kans op sukses nie. Ons gaan ’n strategiese sessie met al ons uitvoerende direkteure hê om te verseker dat hulle dienste vir álle gemeenskappe na die stad bring.”Bobani sal vandag aankondigings doen oor die leierskorps se pad vorentoe.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/bobani-is-die-regte-mayor-20180920

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.