Bobani se pos is in gedrang

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

GAAN Mongameli Bo­bani­ van die UDM as burgemeester van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit verwyder word?Dit hang alles af van die mosie van wantroue in hom wat voorgelê gaan word deur die PA en die ACDP, en watter raadslede daarvoor sal stem.Die raadsvergadering sal vandag belê word.Rdl. Marlon Daniels (PA) meen Bobani kan nie vertrou word nie.Die mosie lui: “Raadslid Mongameli­ Bobani het baie min tot niks gedoen nie om die lewens van die arm gemeenskappe te verbeter. “Inteendeel, hy moet verantwoordelikheid vat vir die skielike toename in hit- moorde­ op SMME-kontrakteurs in die Metro, die spandering van belastinggeld wat nie betrekking het op dienslewering nie, ’n verontag­saming van kleiner partye in die koalisie en dat hy net instruksies vat van ’n individu in sy burgemeesterskomitee.”Daniels sê: “Bobani is nie ’n eer­like en opregte mens nie.“Die SMME’s van die Northerns­ Areas het hom twee weke gelede gaan sien om te sê hulle is nog nie betaal nie.“Hy het gesê: ‘Moenie worry­ nie; ek sort dit sommer volgende week uit vir julle.’ “Die mense wag nou nog. Al waaroor hy bekommerd is, is dat hy number onewil wees van die Metro sodat hy kan wheel en deal met die mense.“As jy die burgemeester is, moet jy te alle tye met die ander lede in die koalisie consult. Die ander minority­ parties weet meestal nie wat Bobani doen nie – hy en rdl. Andile Lungisa (ANC) praat net en dan gaan hulle weer,” sê Daniels.Rdl. Lance Grootboom (ACDP) gaan die mosie sekondeer. Hy sê die mosie word gebring as gevolg van goed wat die afgelope ses maande in die munisipaliteit gebeur het. “Dienslewering was swak. As jy kyk na ons middeljaarverslag, is daar targets wat nie behaal word nie, soos die verwydering van emmertoilette.“Rondom die SMME’s – die onreëlmatighede wat plaasgevind het rondom die werkpakkette wat aangebied is, is kommerwekkend. “Dit is onaanvaarbaar dat net sekere SMME’s werk gekry het – dit het daartoe gelei dat vier mense afgemaai is.“Hy het ook die aanpassingsbegroting weggevat van Uitenhage.”Die DA gaan ook ten gunste van die mosie stem. Nqaba Bhanga, DA-leier in die Oos-Kaap, sê dienslewering soos vullisverwydering word nie gelewer nie. Hy meen ook dat daar bloed op die vloer is (rakende die moorde van SMME-lede).“Hy doen dinge wat die bruin gemeenskap afskeep en ondermyn – hy het miljoene rande van die aanpassingsbegroting weggevat uit Uitenhage en die Baaise noordelike gebiede.”Bhanga voeg by toe die DA aan bewind was, het hulle 100% van die ontwikkelingstoelae vir stedelike nedersettings bestee. Hulle het dié geld só goed bestee dat die nasionale tesourie hulle ’n ekstra R183 miljoen gegee het. Vanaf 1 Junie 2018 tot nou toe het die huidige koalisie volgens hom slegs 31% van dié toelae bestee. Bobani kon ná herhaalde probeerslae gister nie vir kommentaar bereik word nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/bobani-se-pos-is-in-gedrang-20190227

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.