Bodybuilder wil in Spanje wen

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

NIE NET is Chemoney Swanepoel (18) van Algoapark in die Baai ’n model nie, sy is ook ’n bodybuilder.Niks is te veel vir dié blonde nie en sy pak alles wat sy doen met vasberadenheid aan.Swanepoel het onlangs aan die SA Natural Body Building Champion­ships in Jansenville deelgeneem.Sy en die 66-jarige Daniel January van Algoapark sal volgende maand na Spanje vertrek vir die wêreldkampioenskappe.Swanepoel het egter borgskappe nodig om haar visum, vliegtuigkaartjie en paspoort te betaal.Sy het eers vanjaar begin bodybuilding beoefen, maar het in ’n kort tydjie reeds hoogtes bereik.Sowat twee maande gelede het sy Dave’s Gym se kompetisie gewen, en toe verlede maand die Natural Body Building Championships se bikini-kategorie gewen.“Nadat ek dit die eerste keer gedoen, die gevoel daarvan gekry en gewen het, het ek besluit dat ek dit verder wil vat en in ’n leefstyl wil verander,” vertel Swanepoel.“Bodybuilding gee my iets om na uit te sien en te werk na doelwitte wat ek wil bereik – nie net gym om goed te lyk nie. Ek lewe baie gesonder as vantevore.”Sy kyk na wat sy eet en doen gereeld maag- en beenoefeninge. Verder draf sy om fiks te bly.Haar modelloopbaan het verlede jaar in Julie begin en sy het al oor die 20 sashes. Dit beteken sy het al aan soveel kompetisies deelgeneem en titels gewen.Met ál dié prestasies is sy boonop besig om haar ambag as passer en draaier by die Hoërskool Otto du Plessis te voltooi.“Ek wil graag ’n sukses van my lewe maak en ’n inspirasie vir ander wees en hulle help waar ek kan. My boodskap aan ander is dat jy enigiets kan doen deur Hom wat jou krag gee.“Jy is in staat tot enige iets, maak nie saak watter grootte of ras jy is of wat jou agtergrond is nie.“ ’n Mens se drome is bereikbaar,” sê Swanepoel voorts.Haar korttermyn-doelwit is om as ’n wenner van Spanje terug te keer.Op lang termyn wil sy graag ’n suksesvolle besigheidsvrou word wat ander met werkgeleenthede kan help.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/bodybuilder-wil-in-spanje-wen-20181027

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.