‘Boef los foon op toneel’

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

KLERE van drie van die roofverdagtes wat glo betrokke was by ’n gewapende rooftog by Fisch­er’s Jewellery in die Greenacres-winkelkompleks moes weggestuur word vir wetenskaplike en DNS-ontleding.So het AO Shane Kuhn, ondersoekbeampte in die saak, Vrydag in die Baaise hooggeregshof getuig.Hy het getuig in die verhoor van Lindokuhle January (21), Olwethu Dlanga (21), Awonke Yako (20) en Lonwabo Maweni (42).Hulle staan tereg op klagte van onder meer moord, poging tot moord en roof met verswarende omstandighede.Volgens Kuhn het hy op 30 Julie 2016 – ’n dag ná die voorval – met AO Kelvin Swartbooi gereël dat January, Dlanga en Yako geneem word na die kantore van die eenheid teen georganiseerde misdaad.LONWABO MAWENIKuhn het gesê die rede daarvoor was om te check of enige traces van rook – wat gedurende die rooftog in die winkel geactivate is – op die beskuldigdes se klere gevind kon word.Volgens hom het hulle die drie beskuldigdes se jackets vir dié doel gevat en in ’n bewysstuk-sak verseël.Hierna is dit vir scientific en DNS-ontleding weggestuur.Hy het gesê kort hierna het hulle warn­ing statements by die beskuldigdes afgeneem.Volgens Kuhn het die beskuldigdes die cops ook voorsien van hulle byname.Hy het gesê beskuldigde 1 staan ook bekend as Roger, beskuldigde 2 as Dongi en beskuldigde 3 as Scarra.Volgens Kuhn het die cops op die dag van die voorval op ses selfone beslag gelê. LINDOKUHLE JANUARYHy het getuig vier van die selfone – ’n Nokia, ’n Samsung, ’n Mint en ’n BlackBerry – het aan die beskuldigdes behoort.Volgens Kuhn is die Nokia in die jewellery-kabinet by Fischer’s gevind.Die ander twee selfone is aan die eienaars teruggegee.Hy het getuig een van die twee selfone het behoort aan ene mev. Slabbert, wat in die rooftog van haar Volkswagen Polo beroof is.Die ander phone het behoort aan ’n vrou van New Brighton wat in dieselfde taxi was waarin January en Dlanga gearresteer AWONKE YAKOFoto’s: DEON FERREIRAis.Volgens Kuhn is die vier selfone wat glo aan die beskuldigdes behoort, na die digitale forensiese laboratorium gestuur sodat data daarvan getrek kon word.Kuhn het getuig ’n ruk hierna het hy ’n affidavit oor die selfone van die polisie se cyber unit ontvang.Die fisieke data is elektronies aan hom verskaf.Volgens Kuhn is vasgestel die Nokia word verbind met Maweni, die Mint­ met January, die Samsung met Yako en die BlackBerry met Dlanga.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/boef-los-foon-op-toneel-20181125

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.