Boef los oom se lyk in bed

Please log in or register to like posts.
News

DIE gemeenskap is in rou ná die moord op die afgetrede sakeman Regi­nald Gordon (82).Volgens die polisie het die voorval in Enslinstraat in die Strand plaasgevind. Mense in die woongebied is geskok.Die polisie sê Gordon se lyk is Sondag 16:05 deur die eienaar van die huis gevind. Die huis­eienaar is Vrydag van sy huis af weg. Gordon was toe alleen daar.Gordon is in sy kamer gevind. Sy hande was agter sy rug vasgemaak. Hy het verskeie steekwonde aan sy lyf gehad. Sy liggaam is in sy bed gesit.Toe die eienaar terugkeer, het dié gesien daar is by die huis ingebreek.Die kaste is glo oopgebreek. By nader ondersoek is gevind ’n brandkluis met R235 000 is weg, asook ’n Hi­sense-TV van 65 cm.Die oorledene se wit Isuzu-bakkie is ook van die perseel gesteel, maar Son het verneem dit is later in Sir Low­ry’s Pass gevind. Die motief vir die moord kon nog nie vasgestel word nie.Gordon was baie bekend in die transportbedryf. Hy en sy broer, George, het saam ’n suksesvolle transportbesigheid bedryf. Hulle het eers met swaarvoertuie transport gedoen en later oorgeskakel na ’n busvervoerdiens. Met dié diens is mense oor die hele Suid-Afrika heen vervoer.George is al etlike jare oorlede en ná ’n tyd is die besigheid gestaak. Na verneem word, is Gordon op dieselfde manier vermoor as ’n vrou wat in November in die Strand om die lewe gebring is. Die vermoorde Margret Linders is ook in haar kamer aangetref. Sy is vermoedelik met ’n yster oor die kop geslaan en haar liggaam is in haar bed gesit.Niemand is nog vir hierdie moord in hegtenis geneem nie. Mense met inligting oor die twee voorvalle kan lt.kol. Franklin Plaatjies by 082 469 3359 bel.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.