Boer en honde attack tiener

Please log in or register to like posts.
News
Boer en honde attack tiener

HY IS eers flou gechoke en toe het ses verwoede Rottweilers hom stukkend gebyt.Toe hy wakker skrik, is sy klere flenters geskeur. Nico Klein (19) is gelukkig om nog te kan leef om oor sy ordeal te praat.Was dit nie vir Klein, van Schaapkraal, se buurman nie, sou hy seker vandag dood gewees het. Klein vertel hy is Sondag 11:00 by sy huis aangeval.Ontken“My suster en niggie, wat op ’n plaas naby bly, het hier aangekom en my beskuldig van diefstal van trok-batteries. Ek het vir hulle gesê dit was nie ek nie. Ek was nie eens op die plaas nie, maar hulle wou niks hoor nie,” vertel Klein.goeie genade! Nico Klein se hele lyf is vol byt- en krapmerke. Foto’s: Peter AbrahamsHy sê die suster en niggie het toe die boer, Trevor O’Shea, gaan vertel dat hy skuld ontken.“O’Shea, twee plaaswerkers en sy ses Rottweilers het hier by my huis opgedaag en ek is weer beskuldig van die diefstal van die batteries,” sê hy.Klein beweer die boer het hom in ’n “choke hold” gekry totdat hy flou geraak het.“Ek kan nie onthou wat verder gebeur het nie, maar toe ek wakker skrik, was ek kaal en vol bytmerke.“Ek kon hoor hoe die buurman sê hulle moet stop voordat die honde my verder beetkry.“As dit nie vir hom was nie, sou ek seker nou dood gewees het.“Die skok was overwhelming toe ek besef wat gebeur het. My foster-pa het my dadelik hospitaal toe geneem toe hy by die huis opdaag,” sê Klein.Hy sê die boer, sy werkers en die honde is net daar weg in dié se wit bakkie. Klein is in sy gesig, albei arms, bene, regtervoet en op sy rug gebyt. Daar is ook ’n klomp krapmerke oor sy hele lyf.Verkeerd“As ek iets verkeerds gedoen het, sou ek verstaan het, maar ek het hom nie te na gekom nie,” sê Klein.ooggetuie: Tara Williams sê die voorval was horrific.Sy skoonsuster Ashley Martin sê dit is wreed wat die boer aan Klein gedoen het, “maar dit is nie die eerste keer dat hy mense aangerand het nie. Die mense is bang om sake oop te maak teen hom. “Kyk wat het hy dan nou aan Nico gedoen,” vertel sy.’n Ander inwoner, Tara Williams, sê sy het alles gesien. “Dit was verskriklik. Die boer het ‘tsa!’ gesê vir die honde. Die diere het ballistic gegaan. Dit was erg,” sê sy. Klein het gistermiddag ’n saak by die Philippi-polisiestasie geopen en sy weergawe van die voorval aan hulle verduidelik.

Reactions

Nobody liked ?