Boer nader cops oor perdesale: 3 in arres

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DRIE mans is in Makhanda (Grahamstad) gearresteer nadat hulle probeer het om gesteelde perdesale te verkoop. Kapt. Mali Govender, ’n polisiewoordvoerder, sê die drie mans is Vrydag gevang. Beslag is gelê op twee sale, onderskeidelik gewaardeer op R30 000 en R12 000. Dié sale is die nag van 16/ 17 Januarie gesteel. Rowers het ’n huis op ’n plaas op die Southwellpad – wat deel vorm van die Crown River Safari and Nature Reserve­ – geteiken. Goedere ter waarde van meer as R200 000, insluitend die twee perdesale, is in die rooftog gesteel. Govender sê omstreeks 10:00 Vrydag het ’n plaaslike boer die polisie laat weet hy is genader deur drie mans wat aan hom “Western saddles­” wou verkoop. IngewagDie boer het inskrywings oor dié rooftog op sosiale media gevolg.Hy het ingestem om die verkopers op ’n sekere tyd naby ’n bank in Hoogstraat te ontmoet. Die plaaslike polisie het toe ’n span saamgestel wat die verkopers by die bank ingewag het. Toe die mans in ’n wit Uno met die perdesale daar opdaag, is hulle gearresteer. Die polisie se ondersoekspan gaan nou die presiese link tussen die arrestasie en beslaglegging op die perde­sale en die huisbraak en rooftog op die plaas vasstel. Die verdagtes verskyn na verwagting vroeg dié week in die plaaslike landdroshof.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/boer-nader-cops-oor-perdesale-3-in-arres-20190127

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.